Namibië se o.16-span voordat hulle die naweek na die Grant Khomo-week in die paarl vertrek het. Foto Mariud Ngula
Namibië se o.16-span voordat hulle die naweek na die Grant Khomo-week in die paarl vertrek het. Foto Mariud Ngula

Fluitjie blaas by skolerugbyweke

Skolerugby
Andrew Poolman
Twee Namibiese skolespanne begin speel vanoggend in die jaarlikse Suid-Afrikaanse rugbyweke wat ’n hoogtepunt van die seisoen in hul ouderdomsgroepe is.

Die Cravenweek vir laerskole begin vanoggend by Maritzburg College in Pietermaritzburg, met die Namibiese o.13-span wat om agtuur in die openingswedstryd teen die Grens Platteland uitdraf.

Die kaptein van die Namibiese span wat intussen bevestig is, is Carel van Heerden, agtsteman van Windhoek Gimnasium, met die vleuel Alessandro Kathindi van Laerskool Walvisbaai as sy onderkaptein.

Brian Titus is die hoofafrigter, bygestaan deur Mauritz Thirion en Patrick Ludick, met Ernest Groenewald as spanbestuurder.

Benewens Sanlam as die o.13’s se hoofborg het die laerskolespan ook borgskappe van Pupkewitz MegaTech, Momentum, CiC, Swakopmund Electrical Supplies, Officeconomics, Prosperity, Namib Mills en dr. Wesley Mouton ontvang.

GRANT KHOMO-WEEK

Namibië se o.16-span word vanoggend teen Zimbabwe opgeweeg (afskoptyd 09:50) by die Grant Khomo-week wat by die Hoër Landbouskool Boland in Paarl aangebied word.

Die Namibiese o.16-kaptein is Pieter Jan Strydom (flank van Windhoek Hoërskool). Sy onderkaptein is FJ Fourie, heelagter van Tsumeb Gimnasium.

Die o.16’s word deur Jan Dames (hoofafrigter) afgerig, bygestaan deur Morné Rust (voorspelers), Devano Alcock (agterlyn) en Rialdo van Wyk (spanbestuurder).

Die Namibiese o.16-span het borgskappe van Pupkewitz Megabuild, Auas Motors and Suzuki, Momentum, Retirement Fund Solutions, Walvis Bay Ship Chandlers, Old Mutual, Xco Group, Closwa Biltong, Namibia X-ray, Adrulog Logistics en sommige van die ouers ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!