FNB blaas lewe in Superliga
Vrouesokker
FNB Namibië het lewe in vrouesokker geblaas deur die NFA Superliga met N$7,5 miljoen oor ’n tydperk van drie jaar te borg.
Me. Agnes Tjongarero, minister van sport, jeug en nasionale diens, is vol vertroue dat die FNB-borgskap aan die Superliga meer geleenthede vir voornemende vrouespelers sal skep.
Die minister het vroue aangemoedig om die kans aan te gryp om vir die Afrika Nasiesbeker te kwalifiseer.
“Banyana Banyana is die heersende Afrika-kampioen. Ek doen ’n beroep op die Brave Gladiators om ’n doelbewuste besluit te neem om ook die vroue se Afrika-toernooi te wen,” het Tjongarero opgemerk.
Die minister het ook administratiewe beamptes aangemoedig om die atlete by te staan om te presteer.
“Kom ons kyk na die diens van persoonlike toewyding om as ’n atleet uit te blink.
“Die borgskapooreenkoms kom in ’n robuuste en opwindende tyd wanneer geld toenemend ’n skaars kommoditeit vir alle sektore van die ekonomie is.
“Dit moet egter nie as ’n verskoning gebruik word om die jeug verder van gehalte opleiding en ontwikkeling op grondvlak te ontneem nie,” het sy gesê.
Die borgskap kom op ’n tydstip waar sokker in Namibië op ’n herlewingspad onder die stuur van die Fifa-normaliseringskomitee is.
Die minister hoop die Namibiese Sokkervereniging (NFA) sal nuwe denke aanneem om die potensiële jong spelers se vordering te bespoedig.
“Ek is vol vertroue die uitdagings in vrouesokker kan suksesvol oorkom word vir die 14 Superliga-klubs. Ontwikkeling op grondvlak moet voortgaan om die Vroue-Superliga te onderhou.”
Tjongarero wil sien dat FNB die nodige bemarkingsopbrengs op sy belegging sowel as sigbaarheid vir sy handelsmerk kry.
Nangula Kauluma, hoof van FNB-kleinhandel, sê sy hoop op gelykheid tussen mans en vroue in sport – ook in geldelike verdienste.
Kauluma is vol vertroue die borgskap sal ’n verskil maak in die lewens van vele vroue wat streef om topsokkersterre te word.
Die FNB Vroue-Superliga begin op 18 Februarie met 14 klubspanne. Die getal sal volgende seisoen tot 12 verminder word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie