Forbes ploeg ervaring in Hongkong-liga
Rugby
Die baljagterflank het reeds in 2010 sy eerste van 19 toetse vir Namibië gespeel.
Die Namibiese losvoorspeler Thomasau Forbes begin ’n nuwe hoofstuk, met die bekendmaking dat hy ’n kontrak met Kowloon-rugbyklub in Hongkong se premierliga onderteken het.
Forbes (34) kom uit die trotse en gerekende Namibiese rugbyfabriek van hardwerkende losvoorspelers, wat elke vier jaar in die keuring van Wêreldbekergroepe altyd daartoe lei dat waardige aanspraakmakers weggelaat word.
Hoewel Forbes in 2015 een van die ongelukkiges was, het hy wel die 2019-groep na Japan gehaal. Afrigter Phil Davies het hom in die beginspan vir die toetse teen beide die Springbokke en die All Blacks ingespan.
Volgens gepubliseerde statistiek het Forbes teen Nieu-Seeland 61 minute gespeel en met 17 suksesvolle duikslae (uit 19) ’n besonder hoë werktempo gelewer.
Forbes het sedertdien nie bygevoeg tot sy huidige totaal van 19 toetse (13 in die beginspan) sedert sy debuut in Windhoek in Januarie 2010 teen Rusland nie.
Die gebore Swakopmunder het wel verlede jaar ’n terugkeer gemaak voor die kwalifiserende Wêreldbekertoernooi in Frankryk en is in Junie 2022 in die Namibiese opwarmwedstryd teen Italië-A op Stellenbosch gebruik.
’n Ontydige liesbesering vanjaar, toe hy vir die Windhoek Draught Welwitschias in die Mzansi-uitdaagreeks gespeel het, het die baljagterflank se kanse belemmer om ’n sterker kleim vir die uitsoekgroep vir die 2023 Wêreldbeker in Frankryk af te steek.
Kowloon-rugbyklub is in 1976 gestig en is een van ses klubs wat in Hongkong se premierliga meeding. Die koerant verneem hul Namibiese aanwins is vir ’n aanvanklike kontrak vir een jaar vasgeknoop.
In Kowloon se aankondiging op sosiale media word Forbes só aangehaal: “Vir die nuwe seisoen sien ek uit om Kowloon se trui te dra en waarde te voeg by die span – op en van die veld.”
EINDSTRYD SONDER HOM
Die feit dat Forbes reeds gisteraand na Hongkong vertrek het, is ’n verlies vir FNB Wanderers, die kampioenspan van 2022 wat komende Saterdag in die eindstryd van die NRU premierliga teen Trustco United te staan kom.
Die NRU-eindstryde se skedule vir Saterdag by die Hage Geingob-stadion is ook intussen soos volg aangekondig:
Vroue-eindstryd, United Gemsbokkies tn Unam Steenbokkies, 11:00.
Eersteliga-eindstryd, Mariental tn Etosha Leeus, 12:30.
Reserweliga-eindstryd, FNB Grootfontein II tn FNB Kudus II, 14:15.
Premierliga-eindstryd, Trustco United tn FNB Wanderers, 16:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie