Geen krag vir Mboma, Masilingi se huise
Kenya Kambowe - Namibië se naelloop-sensasies Christine Mboma en Beatrice Masilingi het vandeesweek die sleutels van hul geskenkte drieslaapkamerhuise op Rundu ontvang. Die eiendomme is egter nog sonder elektrisiteit, terwyl die grond waarop die huise gebou is nog in hul name oorgedra moet word.
Tydens 'n besoek aan die huise in Rundu se Kaisosi-nedersetting was daar wel kaal elektriese bedrading binne die huise en is dit bevestig dat dit egter nog nie gekoppel is nie. Die huise is deur 'n vennootskap tussen MTC, Nedbank en ander rolspelers gebou wat die projek met meer as N$1 miljoen finansier het. Met betrekking tot kragvoorsiening rus die verantwoordelikheid op die skouers van Nored wat deel was van dié wat ondersteuning aan die atlete beloof het.
Met MTC se aankondiging van die projek wat begin is vir die bou van die huise by die twee naellopers se onderskeie nedersettings, het Nored beloof dit sou vir krag sorg. Planne het egter verander toe Mboma en Masilingi elk 'n erf op Rundu gekry het. Terwyl die geskenkte huise op Rundu gebou is, is nog 'n huis vir Mboma in die Bwata-nedersetting gebou. Nored het hier wel krag installeer.
'n Bron by die kragvoorsiener sê Nored is onwillig om Mbomba se huis in Rundu gratis van elektrisiteit te voorsien, omdat dit dit reeds vir haar huis op Bwata gedoen het. Met verwysing na Masilingi se nuwe huis sê die bron Nored sal sy belofte nakom, maar dit maak nie "ekonomiese sin" om dit net met een huis te doen nie.
Die huise is op 'n afgebakende erf gebou, wat beteken dit sal die beste wees as net een sloot gegrawe word en 'n enkele kabel vir die twee huise gelê word, het die bron gesê.
Volgens Nored se woordvoerder Simon Lukas bly die kragvoorsiener verbind daartoe om die huise van krag te voorsien.
"Beide Nored en MTC is ten volle verbind om hul onderskeie borgskappe te eer om die huise van ons twee goue meisies van krag te voorsien. Dit sal na verwagting teen die einde van die week voltooi wees," het hy gesê.
MTC se hoof van menslike kapitaal en korporatiewe sake Tim Ekandjo het Lukas se sentiment gedeel en bygevoeg die maatskappy was aanvanklik verbind om krag aan beide huise te voorsien. Hy is egter deur die kontrakteur naby die voltooiing van konstruksie ingelig Nored gaan net krag aan Masilingi se huis voorsien. Volgens Ekandjo moes daar iewers gekruisde lyne gewees het, maar bly MTC daartoe verbind om die projek tot met voltooiing deur te sien. Rundu se burgemeester Gabriel Kanyanga sê die stadsraad is nog in die proses om die titelaktes vir die erwe te kry wat in Augustus 2021 aan die atlete oorhandig is. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie