Geingob-beker nou in rugby se kraal
Rugby
Die Welwitschias teen Griekwas word opgebou na 'n groot geleentheid op 5 November.
Die nuutste weergawe van die Dr. Hage Geingob-beker is gister by die nasionale rugbystadion in Windhoek bekendgestel en sal vir die eerste keer in dié kompetisie se geskiedenis tussen twee rugbyspanne gespeel word.
Die ontmoeting tussen die Windhoek Draught Welwitschias en die Windhoek Draught Griekwas op 5 November word deur MTC as hoofborg, NBL (Namibia Breweries Limited) en Bank Windhoek ondersteun.
Terwyl sokker in Namibië die afgelope vyf jaar van die een laagtepunt na die volgende ronddobber, het die organiseerders besluit om die nasionale rugby-opset ’n tydige hupstoot voor die 2023 Wêreldbeker in Frankryk waardig is.
Vanuit die groter prentjie gesien sal hierdie wedstryd ’n belangrike mylpaal ter voorbereiding op die nasionale rugbyspan se November-toer na Europa wees. Net ’n week later (12 November) sal Namibië in Madrid teen Spanje opgeweeg word, met nog ’n toets wat op 19 November teen Kanada in Amsterdam in die pyplyn is.
Vir plaaslike toeskouers is dit dus ’n seldsame geleentheid om teen gedugte buitelandse opposisie in Windhoek te verenig. Ná die wentoets teen Kenia in Augustus 2018 vir WB-kwalifisering het die pandemie alle rugbyprogramme laat stilstaan totdat die Blou Bulle vroeër vanjaar vir ’n heuglike rugbydag teen die Welwitschias gesorg het.
Mnr. Amos Shiyuka van die reëlingskomitee het gesê: “Mense het my gevra hoekom die geleentheid nou aan rugby toegeken is en ek het gesê hoekom nie rugby nie?
“Namibië het vir die sewende agtereenvolgende keer vir die Rugbywêreldbeker gekwalifiseer en verdien om gehelp te word. Rugby se huis is in orde.”
Me. Agnes Tjongarero, die minister van sport, jeug en nasionale diens, het bygevoeg: “Dis ’n eer vir my om die bekendstelling van die Dr. Hage Geingob-beker te sien.
“Opwindende tye lê voor met dié bekerwedstryd wat aanvanklik begin is om ons president met sokker te vereer en nou is dit om die Namibiese rugbyspan te ondersteun.
“Ek wil aan die Namibië Rugby-unie sê julle is nou aan boord en ons gaan saam hardloop. Ons is geweldig trots dat Namibië opnuut vir die Wêreldbeker gekwalifiseer het. Frankryk, hier kom ons!
“Die spelers het my onlangs belowe hulle gaan twee wedstryde by die WB-toernooi wen en ek wil dit ervaar. Ons gaan die wêreld wys wat Namibië kan vermag.”
Dr. Alfredo Hengari, mediasekretaris van president Geingob, het namens die staatshoof ’n boodskap gelewer: “Die president sal op 5 November die wedstryd bywoon.
“Hy was nog altyd ’n ywerige rugbyondersteuner en hy sal nie die kragmeting misloop nie. Gelukkig is hy nie ’n ondersteuner van die Griekwaspan nie; ons moet hulle slag.
“Die Hage Geingob-beker is ’n refleksie van die president se passie vir sport in die land. Sport gaan oor dissipline, harde werk, gesondheid en nasiebou.
“Die feit dat die Geingob-beker vanjaar in ’n rugbystadion plaasvind is ewe veel ’n weerspieëling van wie hy is. Hy is ewe gek oor rugby as sokker en vele ander sportkodes en natuurlik tennis. Die president haat dit as sy span verloor.
“Die bekerwedstryd is ’n viering van ons rugbyspan se uitnemendheid wat volgende jaar in die Wêreldbeker in Frankryk gaan deelneem. Julle het verskeie kere tevore deur harde werk gekwalifiseer; gaan nou en wen vir ons ’n paar wedstryde.
“Hiermee verklaar ek die Hage Geingob-beker amptelik van stapel gestuur.”
MTC borg die kompetisie met N$1.6 miljoen, NBL gee N$1.5 miljoen en Bank Windhoek N$500 000.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie