Gejaag by Gallina opnuut aan
Motocross
Die vyfde ronde van die Namibiese nasionale MX-kampioenskap vind môre vanaf 11:00 by die Gallina-baan noord van die hoofstad plaas waar jaers opnuut vir podiumposisies en maksimum punte gaan meeding.
Hierna bly net twee byeenkomste oor waar die deelnemers punte kan insamel. Gobabis sal die volgende gasheer wees en vir die sewende en die laaste kampioenskapbyeenkoms is Gallina weer aan die beurt.
Mark Sternagel het met die vierde ronde sy stempel en teenwoordigheid met mening afgedruk deur al drie renne in die topklas (Ope) asook King of the Dirt-resies te wen. Sternagel sal môre weer by Gallina met 929 in die wegspringhek wees om sy 75 punte te verdubbel.
Manne soos Don-Ray Botha, Dale Davies, Tony Viljoen, Wanjo Kollmitz en Quinton van Rooyen gaan dit nie maklik vir Sternagel maak nie. Sternagel is sedert sy terugkeer ná ’n besering onstuitbaar en het onberispelik gejaag om almal te klop.
Botha met 250 punte, Davies 237 en Viljoen 223 is ná vier byeenkomste die topdrie jaers in die Ope-afdeling.
Amptelike kampioenskappuntestand (topvyf per klas)
50cc: De Wet Plessis 289, Duhan Steenkamp 253, Carla Brand 233, Delmar du Plessis 228, Duhan van Wyk 198, Maximillian Skutsch 160.
65cc: Khian Kotze 289, Delmar du Plessis 256, Jan Willem Bronkhorst 207, Leander Metzger 182, Divan du Plessis 169.
85cc: Luca Brand 282, Wynand Cronjé 273, Juan de Voss 216, Marco Lindemeier 215, Jarno Metzger 146.
125cc (junior): Björn Kebbel 248, Gero Friedrich 223, Anton Myburgh 213, Rigo Wolf 208, Markus Muller 202.
125 cc (senior): Jean Venter 188.5, Liam Gilchrist 150, Alex Howard 66.
Vroue-mx: Geena Sadlowski 300, Zoe Waldschmidt 198, Maike Bochert 197, Ronya Friederich 126.
Klubmans: Tertius Joubert 273, Lourens du Plessis 221, Francois Cronjé 171, Jörn Greiter 144, JF van Eeden 58.
Veterane: Rudi Brand 283, Sigi Pack 241, Olaf Pack 234, Heiko Stranghöner 189, Ronald Geiger 101.
Ope: Don-Ray Botha 250, Dale Davies 237, Tony Viljoen 223, Liam Gilchrist 200, Quinton van Rooyen 132.
King of the Dirt: R. Brand 75, Liam Gilchrist 72, Sigi Pack 69, Olaf Pack 63, Don-Ray Botha 55.
Almal is welkom. Toegang is ’n skrale N$20 en kleuters gaan gratis in. JYED sal ’n musiekoptrede lewer en verversings is te koop.
Die byeenkoms word deur Cars and Guides For Hire, Fourie Security and Armed Response, Holm’s Construction, Honda, In Go Storage, namXsport en Waldschmidt Eggs ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie