Links is Bianca Lewis saam met Diana Viljoen. Foto Diana Viljoen (Facebook)
Links is Bianca Lewis saam met Diana Viljoen. Foto Diana Viljoen (Facebook)

Geldtekort maak vrouespan kleiner

Rolbal
Tielman Van Lill
Die Namibiese Rolbalvereniging (NBA) het reeds in Februarie sy vroue- en manspan bekend gemaak wat die land van 29 Augustus tot 10 September by die Wêreldrolbalkampioenskap by die Gouekus in Queensland, Australië, sou verteenwoordig het.

Soos die noodlot dit egter wou hê, kan etlike spelers nie die uittog na Australië bekostig nie. Dis hartseer dat Namibië nie ten volle in die vrouekompetisie by die elite byeenkoms verteenwoordig kan word nie.

By die mans was Axel Krahenbuhl, Graham Snyman (beide Swakopmund-rolbalklub), Christo Steenkamp, Schalk van Wyk (beide TransNamib) en Colin Peake (Eros) die uitgelese vyftal.

Die vrouespan sou Elzaan de Vries (Namibpark), Bianca Lewis, Diana Viljoen (beide Swakopmund), Amanda Steenkamp (Eros) en Marietjie van den Bergh (Tsumeb) wees.

Ongelukkig het Krahenbuhl en Snyman intussen uit die manspan onttrek en is deur André Campbell en Johan Jacobs vervang.

By die vroue sal net Bianca Lewis aan die enkelspel deelneem en saam met Diana Viljoen die parespel aandurf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!