Gerhard Mans kon ook Springbok geword het
Rugby
Gerhard Mans, wat Woensdag in ’n fietsry-ongeluk in Windhoek oorlede is, was goed genoeg om vir die Springbokke rugby te speel.
So sê twee van sy voormalige spanmaats, die oud-Bok Gysie Pienaar en die voormalige Namibiese losskakel Shaun McCulley.
“Regtig, Gerhard was ’n briljante rugbyspeler. Ek het saam met hom vir die Shimlas en vir die Vrystaat gespeel en ek dink as hy in ons land gebly het, sou hy ’n Springbok geword het,” sê Pienaar.
Mans het egter na Namibië teruggekeer en het diep spore in dié land se rugbygeskiedenis getrap.
Voordat Namibië onafhanklik geword het, het hy Suidwes-Afrika (soos die span toe bekend was) met groot welslae in die Curriebeker-reeks aangevoer.
In 1990, nadat Namibië onafhanklik geword het, was hy die nasionale span se eerste kaptein en hy het eindelik 27 toetse vir sy land gespeel.
“Namibië was gelukkig om hom te gehad het. Ja, ek glo ook hy kon ’n Springbok geword het as hy in Suid-Afrika gebly het,” reken McCulley.
Volgens Pienaar was Mans ’n “oulike outjie van wie almal gehou het” in sy dae by die Shimlas en die Vrystaat.
“Hy was ’n bietjie jonger as ek, maar hy was altyd so goed gedissiplineerd. Hy het altyd besonder hard geoefen en het as jong speler reeds goeie leierseienskappe getoon,” sê Pienaar.
McCulley sê die feit dat Mans ’n vleuel was en as kaptein gekies is, spreek boekdele.
“Hy was altyd kalm. Hy het ’n teenwoordigheid gehad en is deur al die spelers gerespekteer,” sê McCulley.
Suidwes-Afrika het veral daar in 1987 rond ’n klompie harde kalante soos Willem Maritz in sy agttal gehad en Mans moes soms bontstaan om die vrede te bewaar.
“Maar hy het nie nodig gehad om vreeslik baie te sê nie,” onthou McCulley.
McCulley lag as hy onthou dat hy “in die begin” net Engels en Mans “meestal net Afrikaans” kon praat.
“Maar ons het mekaar baie duidelik verstaan.”
McCulley onthou Mans ook vir sy “plofkrag” op die veld. “Hy kon iets uit niks optower.”
– Netwerk24

Kommentaar
Linden Birns
Very sad to hear about Gerhard Mans' tragic accident. He was a true gentleman on and off the rugby field. I have very fond memories of being a TV sports reporter for the SWABC/SWAUK in Windhoek in 1988 and reporting on the exploits of Gerhard and his men who punched far above their weight in the old Currie Cup league. On the pitch he was a lion. Off the pitch he was the epitome of modesty, always generous with his time, naturally camera-shy but always articulate and fair in his analysis of games, strategies and plays. On the few times I asked the late Doc Craven for his views, he never failed to single Gerhard out for special praise. Sincere condolences to Gerhard's family, friends, colleagues, former team-mates, rivals and fans. Namibia and the world is poorer without Gerhard Mans. - Linden Birns, Noordhoek, Cape Town.