Gerrie Coetzee alias Boksburg Bomber sterf

Boks
Marelize Barnard
Een van Suid-Afrika se bekendste boksers en die land se eerste swaargewigkampioen van die wêreld, Gerrie Coetzee (67), ook bekend as die “Boksburg Bomber”, is Donderdagmiddag oorlede.

Coetzee se bestuurder, Thinus Strydom, het Donderdagaand aan News24 gesê Coetzee het weens longkanker gesterf. Strydom het gesê Coetzee het gesterf met sy familie by hom.

Sy dogter, Lana Coetzee, het aan IOL gesê Coetzee het verlede week uitgevind hy het ’n baie aggressiewe vorm van kanker.

Coetzee was die eerste man uit Afrika wat om ’n wêreldswaargewigtitel meegeding het. Hy het dit gewen toe hy die Wêreldboksvereniging-titel verower het deur Michael Dokes op 24 September 1983 in Richfield, Ohio, in die tiende ronde uit te slaan. Hy het die titel van 1983 tot 1984 gehou.

Gerhardus Christian Coetzee is op 8 April 1955 in Boksburg gebore. Ná sowat 200 amateurgevegte het hy professioneel geboks van 1974 tot 1986, en weer in 1993 en 1997. Sy professionele boksrekord was 40 gevegte, waarvan hy 33 gewen het (21 met uitklophoue), ses verloor het en een gelykopuitslag.

Een van Coetzee se byname was “The Bionic Hand” weens chroniese probleme met sy regterhand en talle korrektiewe operasies. Sy Afrikaanse bynaam was “Seer Handjies”, aan hom gegee deur nog ’n Suid-Afrikaanse bokslegende, Kallie Knoetze.

Op Jeff Ellis se Facebook-blad, African Ring Boxing Legends, het talle huldeblyke Donderdagaand vir Coetzee ingestroom. Een die inskrywings lui: “Nog een van ons groot sportmanne is weg, maar sal nooit vergeet word nie. RIV kampioen.”

Nog ’n boodskap lui: “RIV kampioen. Jy was my held. Jammer vir die familie. Wees sterk.”

In nog ’n boodskap het Kobus Botma ’n foto gedeel wat hy geneem het van Coetzee en Anneline Kriel voor Coetzee se geveg teen Tom Prater.

Coetzee het in 2003 die Orde van Ikamanga (silwer) van oudpres. Thabo Mbeki ontvang vir sy bydrae tot boks in Suid-Afrika. Coetzee se familie is genader vir kommentaar. ’n Familielid het gesê hulle moet net eers ’n kans gegun word, dit is vir almal ’n baie moeilike tyd.

Hy word oorleef deur sy vrou, Rina, drie kinders en sewe kleinkinders.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!