Geskiedkundige vroue-Leeustoer beplan
Rugby
’n Geskiedkundige eerste toetsreeks wag vir die Britse en Ierse Leeus vrouespan teen die vroue-Kiwis in Nieu-Seeland in 2027.
Die toer sal in September plaasvind met drie toetse teen die Black Ferns, wat reeds ses keer die wêreldkampioen was. Nieu-Seeland het die afgelope twee Wêreldbeker-toernooie vir vroue gewen, insluitend die mees onlangse kompetisie in 2022 toe hulle Engeland in ’n dramatiese eindstryd geklop het.
“Weekwedstryde” is ook deel van die toerplanne.
Ieuan Evans, voormalige Walliese en Leeus-vleuel en voorsitter van die Britse en Ierse Leeus, sê dié besluit is ’n betekenisvolle oomblik in die ontwikkeling van vrouerugby en vrouesport in die algemeen.
Ben Calveley, hoofbeampte van die Leeus, het gesê: “Om die groei van die vrouespel te ondersteun, is ’n belangrike strategiese prioriteit vir die Britse en Ierse Leeus soos dit vir elkeen van ons unies is.
“Beduidende moeite is gedoen om die konsep van ’n Leeu-vrouetoer te ondersoek en groot krediet moet aan die lede van ons bestuurskomitee, ons direksie en ons personeel gegee word.
“Ek gee veral erkenning aan die samewerking van ons vier unies en bedank hulle vir hul volgehoue ondersteuning en die vlak van toewyding wat hulle gedurende die reis getoon het.”
Shaunagh Brown, ’n voormalige Engeland-speler wat by die uitvoerbaarheidstudies betrokke was, het gesê: “Huidige spelers sowel as jong vroue en meisies wat in die sport begin, kan nou droom om daardie beroemde rooi trui te dra.
“Die nuus weerspieël die opwaartse kurwe wat vrouerugby volg. Dié toer verteenwoordig ’n wonderlike geleentheid vir die beste spelers van Brittanje en Ierland om deel van die volgende opwindende hoofstuk van die Leeus se geskiedenis te wees.”
– [email protected]/BBC.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie