Gesoute Aranos aan Bath geleen
Rugby
Die Cheetahs se tweemalige Wêreldbeker-stut, Aranos Coetzee, gaan in hul voorseisoen aan Bath geleen word.
Die ervare Namibiese vaskopstut gaan van 1 Augustus tot 15 November beskikbaar wees vir die Engelse rugbyklub, wat nou deur Johann van Graan afgerig word.
Weens dié ooreenkoms sal Coetzee die komende Toyota-uitdaagreeks misloop. Die reeks begin einde September.
Hy sal betyds terug wees vir die begin van die Europese Uitdaagbeker-reeks.
Die Cheetahs begin dié reeks in die tweede naweek van Desember met ’n wegwedstryd teen die Franse klub Pau.
“Aranos is steeds onder kontrak by die Cheetahs en sal instaan terwyl Bath se stut nog van ’n besering herstel.
“Die Vrystaat-Cheetahs is bly dat hulle hom kan toelaat om in die Engelse Premierliga te speel,” sê Ross van Reenen, uitvoerende hoof.
Bath het Vrydag bevestig Coetzee moet die skrum vir hom gaan anker in die plek van Skotland se D’Arcy Rae wat beseer is.
Coetzee het tevore oorsee gespeel, naamlik van 2010 tot 2015 vir Racing 92 en Brive in Frankryk se Top 14 en ProD2.
Die 34-jarige Coetzee, met 28 toetse en meer as 100 wedstryde vir die Vrystaters op sy kerfstok, kan Namibië volgende jaar in Frankryk vir die derde keer in ’n Wêreldbeker-toernooi verteenwoordig.
Die Welwitschias het onder die voormalige Bok-breier Allister Coetzee vandeesmaand in Frankryk vir ’n sewende agtereenvolgende keer gekwalifiseer.
Bath het ook aangekondig dat die Suid-Afrikaanse losvoorspeler Gerrit-Jan van Velze, wat tot nou by Tel Aviv Heat was, vir hom gaan speel.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie