Gholf, BMX en seeroei deel van 2026 Statebondspele
Gholf, BMX-fietsry en seeroei sal in 2026 deel wees van die Statebondspele wat in Victoria, Australië, gehou word.
Skiet sal ook na die Spele terugkeer nadat dit nie deel was van vanjaar se Statebondspele in Birmingham, Engeland, nie.
T20-krieket vorm ook deel van die Spele, maar net vrouespanne sal in dié kompetisie speel.
Dié aankondiging is gisteroggend deur die organiseerders van dié Spele in Melbourne gedoen.
Elke gasheerland kan self besluit watter sportsoorte aangebied word.
Dit is veral vir seeroei goeie nuus omdat hy hoop om in 2028 ook by die Olimpiese Spele in Los Angeles ingesluit te word.
Gholf is reeds ’n Olimpiese sportsoort.
Die Statebondspele in Victoria, wat in verskeie dorpe en stede in dié provinsie aangebied word, sal bestaan uit 22 sportsoorte en 26 dissiplines, wat ook Paralimpiese items sal insluit.
Die organiseerders hoop Paralimpiese atlete sal ook aan die gholf, padfietsry en seeroei kan deelneem. Gesprekke hieroor is reeds aan die gang met die Statebondspelefederasie en die betrokke sportsoorte se internasionale federasies.
Die sportsoorte wat op die Spele aangebied sal word, is: Atletiek en Para-atletiek, pluimbal, boks, strandvlugbal, seeroei, T20-krieket (net vroue), fietsry (BMX, bergfietsry, pad-, baan- en Paralimpiese baanrenne), duik, gholf, gimnastiek, rolbal, netbal, hokkie, Para-gewigoptel, skiet en Para-skiet, sewesrugby, muurbal, tafeltennis en Para-tafeltennis, tennis, driekamp en Para-driekamp, en gewigoptel.
– Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie