Gholf in noorde vir ’n goeie doel

Gholf
Antonius Amugongo en Eveline Shilongo het as wenners uit die stryd getree in die sesde ronde van die 2023 Nedbank for Good-reeks, wat laas Saterdag by die Oshakati-gholfklub aangebied is.

Altesaam 24 spelers het deelgeneem, met Amugongo boaan met 45 punte, drie voor Eino Kamati (tweede met 42) en Elifas Iimbondi (derde met 41).

Shilongo het die vrouekompetisie met 37 punte teen Hilya Ininga (27) gewen.

Die organiseerder van die reeks, Dan Zwiebel, sê die geleentheid was ’n groot sukses ondanks die feit dat Oshakati-gholfklub net ’n klein kontingent gholflede het.

“Ons sien uit na die groeiende getal spelers in Oshakati. Die toernooi is goed bygewoon deur beide deelnemers en ondersteuners,” het Zwiebel gesê.

Hy het bygevoeg meer as 400 skoolkinders by die Rössing-stigting se mobiele laboratoratorium kennis kon opdoen deur verskeie eksperimente in fisiese wetenskap en wiskunde..

Nedbank se kommunikasiebestuurder, Selma Kaulinge, sê die impak wat hierdie gebeurtenis in die gemeenskappe het, maak die bank trots om sy bydrae van sulke inisiatiewe voort te sit.

Die Nedbank for Good-reeks hervat op die volgende datums: Walvisbaai Gholfklub op Saterdag, 19 Augustus; Rössmund-baan op 26 Augustus; Hentiesbaai-baan op 2 September; Windhoek Gholfklub op 23 September; en die finaal by Omeya op 6 Oktober.

Die reeks word ook deur Pupkewitz Motors, Future Media, AfricaOnline, Engen Namibia, Safintra Roofing, Gondwana Collection, CB Enterprises, Zebra Trailers, Pupkewitz Megabuild, Windhoek Lager en Imperial geborg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!