Shawn Gawanab van Nedbank Namibië oorhandig die pryse aan die mans- en vrouewenners op Mariental, Kiewiet Dreyer en Celonika Robinson. Foto verskaf
Shawn Gawanab van Nedbank Namibië oorhandig die pryse aan die mans- en vrouewenners op Mariental, Kiewiet Dreyer en Celonika Robinson. Foto verskaf

Gholfreeks by halfpadmerk

Gholf
Tielman Van Lill
Die vyfde ronde van die 2023 Nedbank Golf for Good-reeks is Saterdag by die Mariental-gholfklub afgehandel, met ’n stewige opkoms van 38 entoesiastiese spelers.

In die mansafdeling het die verdedigende kampioen, Kiewiet Dreyer, die eerste speler geword om sy titel suksesvol met 43 punte te verdedig. Frans Isaacks was tweede met 37 en derde was Anton Smit met 34.

In die vroue-afdeling het Celonika Robinson, wat vanjaar in al vyf rondtes gespeel het, as wenner uit die stryd getree. Die vrouereeks word vanjaar die eerste keer aangebied, om groter getalle vrouespelers aan te moedig.

Dan Zwiebel, organiseerder van die reeks, sê: “Ons is verheug met die ongelooflike opkoms sover. Die onwrikbare steun van die gholfgemeenskap demonstreer die samehorigheid om ’n positiewe impak in ons samelewing te skep.”

Selma Kaulinge, bestuurder van Nedbank se skakelafdeling, het die spanne bedank wat tot die geleentheid se sukses bygedra het.

“Met dié reeks streef ons om Nedbank se passie vir gholf te kombineer met ons toewyding om ’n verskil in die lewens van behoeftiges te maak. Ons is trots op die steun wat ons van die spelers, medeborge en Mariental-gholfklub ontvang het,” het Kaulinge gesê.

Oorblywende datums vir die Nedbank for Good-reeks:

5 Augustus: Oshakati-gholfklub.

19 Augustus: Walvisbaai-gholfklub.

26 Augustus: Rössmund-gholfklub.

2 September: Hentiesbaai-gholfklub.

23 September: Windhoek-gholfklub.

6 Oktober: Eindtoernooi by Omeya-gholfklub.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!