Edwin Kutara moes uiteraard ’n foto laat neem ná sy volmaakte gelukhou in Luanda. Foto verskaf
Edwin Kutara moes uiteraard ’n foto laat neem ná sy volmaakte gelukhou in Luanda. Foto verskaf

Gholfspan derde in streek

Gholf
’n Volmaakte gelukhou deur Edwin Kutara Woensdag op die 15de putjie was straks die hoogtepunt van die Namibiese amateurmanspan se deelname aan die Afrika Streek 5-gholfkampioenskap in Angola se hoofstad Luanda.

In drukkende warm en bedompige toestande het die Namibiese span derde geëindig – die middelste posisie tussen die wenners Suid-Afrika, naaswenners Zimbabwe, vierde geplaaste Angola en Malawi (vyfde).

Namibië het sy kragmetings teen Angola en Malawi beide met 4-0 gewen.

Suid-Afrika was egter soos gebruiklik die onaantasbare oorheersende krag in Afrika-gholf, wat vir Zimbabwe met 3-0 geklop het.

Namibië is deur Grant Mather (Walvisbaai-gholfklub), Likius Nande (Windhoek Buiteklub), Stefanus Bonifatius (Rössmund) en Edwin Kutara (Oshakati-gholfklub) verteenwoordig. Die viertal is deur Marco Swarts as spanbestuurder vergesel.

SWAKOPMUND OPE

Stefanus Bonifatius behoort die gunsteling te wees om Sondag as die wenner van die Swakopmund Ope (vir die derde jaar geborg deur Standard Bank) bekroon te word, wat môre begin.

Die toernooi by die Rössmund-baan was veronderstel om die afgelope naweek gespeel te word, maar die nasionale span se toer was een van die redes dat dit met ’n week uitgestel is.

Bonifatius se terugkeer na sy tuisklub en sy stamboek van vorige oorwinnings behoort sterk in sy guns te tel – benewens die feit dat verlede jaar se wenner Likius Nande nie ingeskryf is om sy titel te verdedig nie.

Kyle Johnson en Kevin Wentzel (beide Walvisbaai) en Edwin Kutara is die drietal wat môre om 07:30 vanaf die eerste bof saam met Bonifatius afslaan.

In die volgende afslaangroep wat ook sal streef om hulle onder die voorlopers in die kleinerige veld te vestig, is Walter Heibeb van Tsumeb, wat onlangs die Vivo Energy Sperrgebiet Ope op Oranjemund beklink en gewys het dat hy nie deur ’n lang reis van stryk gebring word nie. Saam met Heibeb is Willie Els van Walvisbaai, lid van die Namibiese junior span; Stanley Gawanab (Grootfontein) en Sam Shifula (Oshakati).

• Die FNB Namibiese Amateur Ope kampioenskap op 7 en 8 Mei by die Windhoek Buiteklub is die groot plaaslike titel wat amateurspelers die graagste wil wen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!