Melissa Gillies
Melissa Gillies

Gillies vat vrouespan by Handura oor

Hokkie
Andrew Poolman
Melissa Gillies is gister as die Namibiese Hokkie-unie (NHU) se nuwe hoofafrigter vir die nasionale veldhokkievrouespan bekendgestel.

Gillies neem dié taak oor nadat Erwin Handura die tuig by die veld- en binnenshuise hokkiespan vir vroue neergelê het.

Die NHU sê sy bring ’n oorvloed van ondervinding en ’n bewese vertoningsrekord van sukses.

Gillies het die Namibiese vroue in Januarie verlede jaar na die Afrika Nasiebekertoernooi in veldhokkie afgerig en het in die proses uitstaande leierskap en knap afrigtingsvermoë gewys, sê die NHU.

“Haar strategiese leiding en toewyding het ’n belangrike rol gespeel in die span se kwalifisering vir die komende Afrika Nasiebeker, wat op 29 Oktober in Pretoria begin. Die span sal ook vroeg in volgende jaar by die Afrikaspele in Ghana meeding.

“Ons het volle vertroue dat haar vernuf sal voortgaan om die vertonings van ons nasionale vrouespan in veldhokkie. Ons sien uit om haar positiewe invloed te ervaar.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!