Gimnaste vertoon puik by nasionale kampioenskap
Gimnastiek
Die Namibiese nasionale ritmiese gimnastiekkampioenskap is pas afgehandel, waar gimnaste hul merkwaardige talent in die onderskeie afdelings uitgeleef het.
Die nasionale kampioenskap vir vlak 4 tot 10, asook die hoëprestasie-vlakke (HP) vanaf HP2 tot senior is die afgelope naweek deur die Walvisbaai-gimnastiekklub (WBGC) by die Jan Wilken-stadion aangebied.
By die geleentheid het 86 gimnaste van ses klubs oraloor Namibië om die nasionale kampioenskaptitel en die wisseltrofees vir elke vlak meegeding.
Op vlak 4 het Nina-Mari Nel van die Elite Ritmiese Gimnastiekklub vir die titel as topgimnas met ’n eindtelling van 12.42 koning gekraai.
In nog ’n opwindende vertoning het Wanona Imanul van WBGC die vlak 5-titel met 12.12 opgeraap.
Faiza Hamutenya (Elite) het op vlak 6 deelgeneem en 13.20 behaal om dié afdeling te wen. Fransisca Msati van die Windhoek Ritmiese Gimnastiekklub (WRC) het met 12.30 die vlak 7-titel opgeëis met haar klubmaat, Taylor Fick, wat met 15.85 die vlak 8-titel beklink het.
In die vlak 9-kategorie het WBGC se Christina Theron met 17.99 haar titel verseker, terwyl Taimi Nanyanga van Windhoek Ritmies met 18.08 die vlak 10-titel verower het.
In die pre-junior kategorie het Carla Geldenhuys van Elite 13.69 behaal, met haar spanmaat Kayla Duchaine wat vandag na die Belgian Happy Cup vertrek. Duchaine het 19.20 in die junior kategorie aangeteken.
In die senior kategorie het Joy Lana Kabooy van WBGC met 19.20 die septer geswaai om die titel te wen. In die HP-afdeling het Mila Kruger van WRC die HP2-titel met ’n 14.42 verower.
Jayd Pretorius van Elite, wat ook aan die Happy Cup sal deelneem, het 15.49 behaal om die HP3-titel te wen. In nog ’n opwindende vertoning het Nina Gous van Elite met 15.40 koning gekraai om die HP4-afdeling te beklink.
Eleonora Karamfilova van Elite, wat Pretorius en Duchaine na die Happy Cup sal vergesel, het gesê dié klub vier sy vyfde bestaansjaar. Die kompetisie het hul sewende trofee vir die jaar opgelewer.
Nadat ses van hul gimnaste in verskillende kategorieë oorheers het, het sy gesê hulle het geïllustreer wat dit beteken om na uitnemendheid te streef.
“Hul toewyding in hul sport het duidelik gewys. Ons spreek ons hartlike dank uit aan die gimnaste, ons afrigters, ouers en die gemeenskap vir hul onwrikbare ondersteuning en toewyding. Dis hierdie samehorende gees wat ons gimnaste tot nuwe hoogtes aanspoor en ons klub ’n simbool van uitnemendheid maak,” het Karamfilova gesê.
Roumiana Kostin, die WBGC-kompetisiedirekteur, het gesê die toeskouers is waarlik met puik ritmiese gimnastiek bederf. Sy het gesê nog 30 gimnaste het hul vrywillige roetines in pragtige leotards ten toon gestel met ’n verskeidenheid musiek om te geniet.
"Dis verblydend om te sien hoe die aantal ritmiese gimnaste in die land aangroei en dat daar gesonde mededinging tussen hulle is. Die groeiende getalle sorg vir voortdurende opheffing van die standaard van ritmiese gimnastiek in Namibië," het Kostin gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie