Gladiators huis toe ondanks sege

Sokker
Andrew Poolman
’n Oorwinning met 2-0 was gister nie genoeg om die Brave Gladiators se veldtog in die Cosafa vrouesokkertoernooi in Johannesburg te red nie.

Lesotho en Namibië het elk hul derde wedstryd gespeel met net eer op die spel, terwyl ’n gelykopuitslag gister met 1-1 teen Botswana genoeg vir Zimbabwe was om boaan groep C te eindig en tot die topvier deur te dring.

Nadat die Gladiators verlede jaar ’n semifinalis was, het afrigters Paulus Shipanga en Mervin Mbakera se kombinasie vanjaar nie genoegsaam die mas opgekom sonder hul oorsese beroepspelers Vewe Kotjipati en die kaptein Zenatha Coleman nie.

Emma Naris se doel in die eerste helfte, gevolg deur ’n treffer vir Ivonne Kooper het die oorwinning met 2-0 beklink. Naris is as speler van die wedstryd aangewys.

Zambië en Zimbabwe takel mekaar dus in ’n titaniese semifinaal Vrydag om 12:00, voordat Malawi en Mosambiek om 15:30 om die ander plek in die eindstryd meeding.

Die toernooi is Zimbabwe se eerste sedert sy skorsing deur die wêreldbeheerliggaam Fifa opgehef is. Zimbabwe het met sewe punte boaan groep C geëindig en het gister eers vyf minute voor die einde hul eerste doel in die toernooi afgestaan. Botswana was tweede (5 punte) en Namibië derde (4) ná ’n nederlaag teen Botswana (0-2) en gelykopwedstryd teen Zimbabwe (1-1).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!