Kotjipati Vewe Kotjipati of Namibia challenges Nkuadum Oyana of Equatorial Guinea during the 2024 Womens Olympics Qualifier match between Namibia and Equatorial Guinea 13 July 2023.
Kotjipati Vewe Kotjipati of Namibia challenges Nkuadum Oyana of Equatorial Guinea during the 2024 Womens Olympics Qualifier match between Namibia and Equatorial Guinea 13 July 2023.

Gladiators mik hoog teen Gambië

Vrouesokker
Limba Mupetami
Die Brave Gladiators, op toer in Marokko, is vasberade om Gambië ’n nekslag toe te dien in vanaand se kwalifiserende wedstryd in die Afrika Nasiebeker-sokkertoernooi vir vroue (WAFCON), wat vir 19:00 geskeduleer is.

Die Namibiese vrouespan wat deur Paulus Shipanga afgerig word, sal geen steen onaangeroer laat nie in hul strewe na ’n oorwinning teen die Gambiese span.

Shipanga sê die span is deeglik bewus wat op die spel is en sal nie enige van die WAFCON-uitdunwedstryde ligtelik opneem nie.

Die afrigter het die kerngroep spelers behou wat deel was van die vorige wedstryd teen Ekwatoriaal-Guinee (kwalifisering vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys) en het net ’n paar veranderinge aangebring.

“Gambië wil hierdie rondte ewe graag wen as ons, en dis ons taak om seker te maak ons gaan doen ons bes. Die doelwit is om te kwalifiseer vir die WAFCON-toernooi, wat volgende jaar in Marokko plaasvind,” het die afrigter gesê.

Een van die senior spelers, Vewe Kotjipati, sê hul kanse lyk belowend en die groep wil verrassings lewer. “ Die nuwe spelers het almal goed inskakel en goed aangepas.”

Nog ’n Gladiadtors-speler, Lorraine Jossob, sê sy is bly om terug in die nasionale spanopset te wees nadat sy weens ’n besering uit was.

“Ek is gereed om die land te verteenwoordig. Ons is gereed vir hierdie uitdaging, waarop ons voorberei het. Ek sal die beste gee wat ek kan.”

Die herontmoeting, wat as Namibië se tuiswedstryd sal tel, word ook Sondag in Marokko gespeel vanweë Namibië se gebrek aan goedgekeurde sokkerstadions.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!