Gladiators sleep Ghana in diep kant

Sokker
Die Wes-Afrikane was uiters verlig om dié valbylwedstryd te oorleef en vir die Afrika-skouspel te kwalifiseer.
Andrew Poolman
Die vrouesokkerspan van Ghana is gister in Johannesburg met een-nul deur Namibië se Brave Gladiators verslaan.

Die trotse sokkernasie van Wes-Afrika het egter laaste gelag, te danke aan hul tuisoorwinning met 3-1 in Accra enkele dae tevore, waarin die Ghanese ’n eie doel afgestaan het.

Die saamgestelde telling van 3-2 bespreek Ghana se plek in die Afrika Nasiebeker vir vroue, wat volgende jaar in Marokko gespeel word.

Die verligting was groot vir die Black Queens en hul Switserse afrigter Nora Hauptle, want Lydia Nanamus se doel ná 14 minute het meegebring dat net nog een doel vir Namibië hul doodskoot kon gewees het. Die 90 minute het egter verbygesnel sonder verdere sukses vir die Namibië-span onder kapteinskap van Zenatha Coleman.

Met Woody Jacobs die afgelope week in beheer as die waarnemende afrigter in die plek van Paulus Shipanga wat ’n skorsing weens ’n rooi kaart uitdien, het die Namibiërs hulle uitstekend reggeruk. Net nog een treffer teen Ghana gister kon hulle op grond van meer doele in die wegwedstryd tot die kontinentale skouspel laat deurdring het.

Ghana, wat die laaste twee weergawe van die vroue-Afcon misgeloop het, is vir die eerste keer in vyf jaar terug in die groot geselskap, terwyl die Namibiese vroue hul wonde lek en tog ook moed skep dat ’n geskiedkundige kwalifisering inderdaad binne hul bereik is.

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!