Gladiators slyp vir hul dans in Gqeberha
Sokker
Die Namibiese vrouespan speel vanmiddag 'n opwarmwedstryd teen 'n junior seunspan by Unam-stadion.
Die tiende Cosafa senior vrouesokkerkampioenskap word einde vandeesmaand vir die vyfde opeenvolgende jaar deur Suid-Afrika aangebied.
Twaalf lande in drie groepe sal vanaf 31 Augustus in Gqeberha (Port Elizabeth) kragte meet. Namibië se Brave Gladiators sal in groep B teen Eswatini, Lesotho en Zambië op die veld stap. Die groepwenners en die beste tweede geplaaste span sal na die semifinale vorder.
Suid-Afrika (Banyana Banyana) het sedert 2002 die kampioenskap sewe keer gewen, terwyl net Zimbabwe (2011) en Tanzanië (2021) by een geleentheid kon seëvier. Tanzanië het Malawi laasjaar met 1-0 in die eindstryd geklop.
Banyana Banyana is die heersende Afrika-vrouekampioen en is saam met Zambië die enigste twee uit die Cosafa-streek wat vir die 2023 FIFA Wêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland gekwalifiseer het. Dié feit getuig van die taak wat op Namibië wag om teen die Koperkoninginne van Zambië te stuit.
Die Gladiators sal nogtans met positiewe selfvertroue teen Zambië op die veld kan meeding. Hulle het Zambië in Februarie vanjaar in Lusaka met 0-0 verras en ’n week later in Johannesburg dieselfde met 1-1 reggekry.
Paulus Shipanga, nuut aangestelde hoofafrigter van die Gladiators, sê: “Tot dusver vaar die spelers in die oefenkamp (in Windhoek) uitstekend. Daar is ’n paar beserings omdat ons hulle redelik hard druk, maar dis niks ernstig nie.
“Al ons spelers is nog nie in die kamp nie, maar dié wat hier is, doen goed. Die span is nog nie waar ons wil hulle hê nie, maar hulle verstaan ons afrigtingsfilosofie en dis in hierdie stadium baie belangrik.
“Ons fiksheidsvlak is by die 80 persent en ons het twee vriendskaplike wedstryde vandeesweek om op te skerp. Ons speel (vandag 15:00) by Unam teen ’n o.15-seunspan en Saterdag sal ons in Okahandja of by die kus in nog een opskerp.
“Die meisies is baie opgewonde en reg vir die toernooi in Port Elizabeth. Zambië is die gunsteling in ons groep en het in die verlede die oorhand teen Namibië gehad. Ná ons sukses vroeër vanjaar teen hulle sal ons die toernooi wedstryd vir wedstryd benader.
“Die ander twee spanne in ons groep is ewe belangrik om te klop. Ons sal teen 28 Augustus na Suid-Afrika vertrek.”
Die beste wat Namibië nog in dié kompetisie gevaar het was in 2006 in Zambië, toe Suid-Afrika hulle in die finaal met 3-1 gestuit het.
Die deelnemende lande word tans só deur Fifa op sy wêreldranglys gereken: Suid-Afrika (54ste), Zambië (80), Angola (141), Namibië (146), Botswana (151), Tanzanië (155), Malawi (158), Lesotho (167), Mosambiek (170), Eswatini (171), Comore (179), Mauritius (185ste).
Die huidige oefengroep is Melissa Matheus, Gwenneth Narises, Agnes Kauzuu, Karabo Vries, Emma Naris, Vewe Kotjipati, Selma Enkali, Veronika van Wyk, Nicole Philander, Ivone Kooper, Kamunikire Tjituka, Ashley Solomons, Anna Shaende, Julia Rutjindo, Juliana Blou, Albertina Aludhilu, Memory Ngonda, Millicent Hikuam, Shanice Daries, Asteria Angula, Shamilla Damases, Thomalina Adams, Helena Shuumbwa, Lillie Kasheeta, Tangi Mulundu, Vekendisa Ujaha, Anna-Marie Shikusho, Fiola Vliete, Kylie van Wyk, Zenatha Coleman en Beverley Ueziua.
LOTING
Groep A: Angola, Mauritius, Mosambiek, Suid-Afrika.
Groep B: Eswatini, Lesotho, Namibië, Zambië.
Groep C: Botswana, Comore-eilande, Malawi, Tanzanië.
WEDSTRYDPROGRAM
31 Augustus by Nelson Mandelabaai-stadion (12:00) Mauritius teen Mosambiek. (15:30) Angola tn Suid-Afrika.
1 September @ Nelson Mandelabaai-stadion (12:00) Eswatini tn Lesotho. (15:30) Namibië tn Zambië.
2 September @ Madibaz-stadion (12:00) Comore tn Tanzanië. (15:30) Botswana tn Malawi.
3 September @ Madibaz-stadion (12:00) Angola tn Mosambiek. (15:30) Mauritius tn Suid-Afrika.
4 September @ Madibaz-stadion (12:00) Eswatini tn Namibië. (15:30) Lesotho tn Zambië.
5 September @ Madibaz-stadion (12:00) Comore tn Malawi. (15:30) Botswana tn Tanzanië.
@ Madibaz-stadion (15:30) Angola tn Mauritius. @ Venue onbekend (15:30) Mosambiek tn Suid-Afrika.
6 September @ Madibaz-stadion (12:00) Lesotho tn Namibië. Venue onbekend (12:00) Eswatini tn Zambië.
7 September @ Madibaz-stadion (15:30) Malawi tn Tanzanië. @ Nelson Mandelabaai-stadion (15:30) Botswana tn Comore.
Die semifinale is beide op 9 September – 12:00 Wenner Groep C tn Wenner Groep B; 15:30 Wenner Groep A tn Beste Naaswenner.
Die bronsfinaal is op 11 September (12:00) en die eindstryd op 11 September (15:30) in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie