Glase geklink by Rössmund-stableford
Gholf
’n Veld van meer as 40 spelers het Saterdag in gunstige omstandighede meegeding in die Rössmund-gholfklub se jaarlikse Windhoek Lager Beterbal Stableford. Die algehele wenspan was die getroude paar Sakkie en Heidi van Niekerk met ’n sterk vertoning van 46 punte om op uittel teen Clive Lawrence en Tienie van Rensburg (46) te wen, net een hou voor die derde geplaaste Bruce & Bubble Burns (45, uittel), Helmut Ndjendja en Thomas Shitaleni (vierde, 45). Vyfde was Gert Cloete en Hans Naobeb (43) en sesde Achmet Abrahams en Fred Bosse (42). Die langste dag op die gholfbaan is deur Helga en Harold Engling verduur. Van links staan Bruce Burns, George Murasiki (klubkaptein van Rössmund), Bubble Burns, Riaan Coetzee, Clive Lawrence, Helmut Ndjendja (verteenwoordiger van die borg), Heidi van Niekerk, Sakkie van Niekerk en Tienie van Rensburg.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie