Glips teen Zambië kos Jewels
Netbal
’n Vertoning waarin hulle aanvanklik gesukkel het om mekaar te vind, het gister bygedra tot die Debmarine Desert Jewels se nederlaag met 52-42 teen Zambië op dag twee van die Afrika-netbalkampioenskap in Gaborone. Die verwagtinge was hoog nadat kaptein Anna Kaspar se span die vorige dag die veel hoër gerekende Zimbabwe met nege punte (45-36) oorheers het, maar gister het hulle teen Zambië te laat vlamgevat. Zambië het ná die eerste drie kwarte die voorsprong met 13-10, 26-21 en 38-28 gehou. Afrigter Julene Meyer se span is vasberade om in hul oorblywende wedstryde teen Kenia (vandag), Botswana (môre) en Eswatini reg te ruk en hul aanslag op volgende week se uitkloprondes vol te hou.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie