G’n niks te rof vir dié ou skedonke en hul base
Motorsport
Tielman van Lill
Die vyfde jaarlikse Rough & Tough-motorbyeenkoms, ten bate van die Namibiese Kankervereniging, het gisteroggend by die Goanikontes-oase oos van Swakopmund weggespring.
Vir die eerste saamtrek in 2018 het net 27 sulke ou veteraankarre ingeskryf en in die proses is N$183 000 vir kanker ingesamel.
Die volgende jaar is die N$460 000-merk bereik met 39 skedonke wat aan die “tydren” deelgeneem het.
Gister het agt-en-vyftig karre en bakkies by die wegspringstreep reggestaan vir die 450 kilometer wat oor drie dae gery word. Dis nou sonder om die ondersteuningsvoertuie by te tel wat die ou dames van die langpad vergesel.
MINSTENS DRIE DEKADES OUD
Philipie Baard, stigter van die inisiatief, het vertel: “Die reëls is eenvoudig. Die kar moet ouer as 30 jaar wees en nie meer as N$35 000 werd wees nie.
“Pret is die wagwoord. Die spanne het al wat ’n tema is en trek koddig aan en hul keuse van vervoer loop ook deur onder hul kreatiewe vernuf. In die sedankarre is daar partykeer tot vier insittendes!
“Kameraderie is aan die orde van die dag. Karre wat vassit, word gestoot en getrek en met so ’n gesweet word hegte vriendskappe gesmee wat lewenslank hou.
“Ongeveer 40 persent van ons inskrywings vanjaar is nuwe spanne. Die res is almal manne en vroue wat in die verlede hul merk gemaak het.
“Ons gaan 450 kilometer aanpak waarvan net 50 kilometer op gewone grondpad is. Die res is tweespoorpaadjies met pret in die sand asook riviere. Die eerste skof is 199 kilometer lank, die tweede een 112 en die laaste dag 139.”
Die Rough & Tough-deelnemers sou gister tot by Omaruru ry.
Vandag eindig hulle by Uis en môrenamiddag eindig die toer by die Damara Mopane Lodge naby Khorixas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie