Gobabis Gym vereer sy sportsterre

Skolesport
Twee susters is as die skool se junior- en senior sportvrou van die jaar aangewys.
Kristien Kruger
Gobabis Gymnasium Privaat-skool het vir die eerste keer in sy geskiedenis die jaarlikse sportprysuitdeling van die akademiese prysuitdeling geskei.

Tydens ’n dinee, met die Wêreldbeker-rugbytoernooi as tema, is die skool se sportsterre vereer.

“Hier by Gobabis Gymnasium, wanneer ons ná skool ons skoolskoene uittrek, trek ons die sportskoene aan. Ons hoef nie soos Bennie Boekwurm net voor die boeke te sit en te hoop dat ons drome gaan waar word nie,” het die skoolhoof, Alida Hill, het in haar openingstoespraak gesê.

Twee eregaste was genooi om die sportpresteerders se pryse te oorhandig. Die slot Adriaan Ludick en agtsteman Adriaan Booysen het Namibië by die 2023 Wêreldbeker verteenwoordig en speel beide professionele rugby, onderskeidelik in Frankryk en die VSA.

Booysen het die aand met ’n inspirerende toespraak afgeskop wat kinders van dié klein dorpie aangemoedig het om hard te werk om hul drome ná te streef.

“Een ding wat ek geleer het deur in ’n klein skool te wees, is dat jy altyd die ‘underdog’ is. Mense sal jou onderskat. Jou skool het dalk net een sportspan en die ander skool het vyf. Jou opponente is dalk groter as jy, maar al wat jy kan doen, is om aan te hou veg en nooit moed op te gee nie.”

TOEKENNINGS

Talle leerlinge se sportprestasies is vereer en dit was veral ’n spesiale oomblik toe twee susters wat beide spiesgooiers en netbalspelers is, Elanè en Lindie Swart, as junior en senior sportvrou van die jaar vereer is.

Janco Meeser (krieket, rugby) is beloon met die junior sportman van die jaar en Henré Opperman (atletiek, krieket) het die senior sportman-toekenning huis toe geneem.

Leerlinge het ook erkenning gekry vir vordering of as beste presteerder in hul onderskeie sportkode. Daar was selfs ’n ‘Mnr. en Mej. Positief’-toekenning vir leerlinge wat altyd ’n positiewe gesindheid gehad het.

KRAGONDERBREKINGS

Die NG-kerksaal was omskep in ’n skouspel van rugbygees vir die aand. Die onderwysers, ouers en grootouers het elke tafel volgens die verskillende lande by die Wêreldbeker versier.

Nie ’n reënstorm óf kragonderbrekings kon dié spoggeleentheid kniehalter nie. Toe die hele dorp se krag afslaan, is die verhoog aanvanklik verlig deur die selfoonliggies van ouers en ander mense in die gehoor, maar ná ’n kort pouse het Hill en haar personeellede ’n battery-mikrofoon gekry en ’n lig voor by die verhoog geplaas. Die geleentheid het eenvoudig voortgegaan totdat die krag weer aangegaan het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!