Goeie uitslag vir Melissa in Wes-Kaap
Padfietsry
Die Namibiese tydtoetskampioen is op dreef in haar opbou na die 947 Ride Johburg, en later die Nedbank Desert Dash.
Op haar 38ste verjaarsdag het Melissa Hinz gister opnuut groot selfvertroue geput uit haar vertoning by die One Tonner-padfietsresies oor 170 kilometer naby Wellington in die Wes-Kaap.
Die tweemalige Namibiese tydtoetskampioen (2020 en 2023) was vanjaar ook tweede ná Vera Looser in die nasionale padfietsresies klaargemaak.
Gister het sy een van Suid-Afrika se gereelde nasionale spanlede, Hayley Preen, hard gedruk voordat die heelwat jonger Preen die resies in 4 ure 40 minute 22 sekondes gewen het, met Hinz tweede, 18 sekondes later.
Hinz was met sewe minute voor die derde geplaaste Maroesjka Matthee, met Carla Johnson (vierde) nog sowat twee minute later. Altesame 65 vroue het vir die resies ingeskryf.
“Dit was vir my ’n goeie dag. Ek is tans beter op dreef as wat ek by die UCI wêreldkampioenskap was (waar sy en Monique du Plessis in Augustus in Glasgow nie klaargemaak het nie),” het Hinz gister gesê.
“Vir my was dit ’n goeie persoonlike vertoning. Die pas was van die begin af hoog met Hayley Preen en Maroesjka wat ook spanmaats gehad het wat haar kon bystaan. Veral die eerste uur-en-’n-half was hard.
“Ek en Hayley het ná 120 km van die res weggebreek, op die Bothmaskloofpas. Sowat tien kilometer verder het die peloton van sowat twintig ons weer ingehaal, voordat ons ná 140 km wéér van hulle weggebreek het.
“Ons het toe saamgewerk tot so agt kilometer voor die eindstreep en toe kon ek nie meer mey Hayley byhou nie, maar ek het haar so in sig gehou dat ek 18 sekondes ná haar tweede klaargemaak het.
“Ek het goed gevoel vandag. Ek is in Suid-Afrika om soveel as moontlik wedren-ondervinding teen die voorste vroueryers hier op te bou.
“Oor twee weke vlieg ek Gauteng toe vir die 947 Ride Johburg en daarna kom ek terug Kaap toe vir die Double Century, voor ek saam met Anri Krugel die Nedbank Desert Dash gaan aanpak.
“Ek is dankbaar vir die geleenthede hier in Suid-Afrika, asook vir my fietsryspan Hollard en vir die padfiets van Cycletec. Die weer was aangenaam, die organisering van die byeenkoms was seepglad en ek is tevrede met my vertoning op die dele waar ek krag moes uithaal.
“Op 38 jaar voel ek geseënd om te dink ek vaar nie sleg teen die jonges nie. Ek sal graag terugkom om hierdie resies weer te ry.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie