Gold Cup het bekende wenner
Gholf
Die Windhoek Gholfklub het die naweek die gesogte jaarlikse Gold Cup-toernooi aangebied, met Kunene Catering Services as die borg. Die Gold Cup is op die Namibiese Amateurgholfunie se lys toernooie waarin spelers punte op die nasionale merietelys verdien.
Altesame 73 spelers, insluitend vroue, van klubs op Tsumeb, Grootfontein, Oranjemund, Oshakati, Omeya en Windhoek het ingeskryf om mee te ding.
Spelers in die A- en B-afdelings het 54 putjies oor twee dae gespeel (36 en 18) en in die C-afdeling net 36 (18 per dag). In die A-, B- en C-afdelings kon spelers ook kies om eerder die stableford as die medaljeformaat te speel.
Wilmari Woest het die vrouetoernooi gewen, met een hou voor Hansina Hinda. Die manskampioenskap is deur Namibië se nommer een Likius Nande ingepalm, met die jong Charles Lohmann wat met ’n verskil van vier houe die naaste aan hom geëindig het.
Die voorste uitslae:
Algeheel beste bruto: 1 Likius Nande (217), 2 Charles Lohmann (221).
Algeheel beste netto: 1 Justus Amutenya (216), 2 Johannes Mungolo (217).
A-afdeling beste bruto: 1 Elias Mulombwelwa (222), 2 Brendan Britten (227).
A-afdeling beste netto: 1 Wensley Haseb (220), 2 Jackson Kawaya (221).
B-afdeling beste bruto: 1 Alfie Ndyenge (249), 2 Cor Beuke (257).
B-afdeling beste netto: 1 Jonas Katti (218), 2 Milton Eiseb (223).
C-afdeling beste bruto: 1 Melt van Schoor (179), 2 Tiaan Grobler (181).
C-afdeling beste netto: 1 Elvin Kamana (141), 2 Munya Chipfupa (144).
Vroue beste bruto: 1 Wilmari Woest (173), 2 Hansina Hinda (174
Vroue beste netto: 1 Evelyn Paulino (147), 2 Anecia Le Grange (156).
Juniors: Bian Coertzen (323).
Stableford-afdeling: 1 Kevin Zhang (79), 2 Wilfried Emvula (67), 3 Gaurav Talwar (66).
Vroue individuele stableford: 1 Jolene van Schoor (63).
Hafeni Nghinamwaami, namens Kunene Catering Services, het die spelers geloof wat van ver gereis het. Hy het bevestig dat Kunene CS met graagte volgende jaar weer die Gold Cup sal borg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie