Goud vir Rooi en Brinkmann
Triathlon
Die goue medaljes vir die junior meisie Maja Brinkmann en die paralimpiër Jerome Rooi by Saterdag se Afrika-kampioenskap in Egipte was ’n groot hoogtepunt vir die Namibiese triathlonfederasie.
Rooi, wie se linkerbeen by die knie geamputeer is, het sy afstand in 1 uur 42 minute 49 sekondes voltooi.
“Hierdie was Jerome se eerste internasionale resies. Hy is ook vir die eerste keer amptelik as ’n PTS3-atleet geklassifiseer,” laat weet mnr. Jean-Paul Schmidt van die Namibiese Paralimpiese sportvereniging.
Schmidt sê die roete was plat en die verwagting was dat dit ’n vinnige wedloop sou wees, maar die wind was baie sterk.
“Jerome het uitstekend geswem, maar tydens die oorgang het hy tyd verloor met ’n gesukkel om sy prostetiese been te heg.
“Jerome sê hy het waardering vir die geleentheid, maar besef nou hoeveel werk nog op die pad na die topvlakke voorlê. Sy kategorie is baie kompeterend en ons volgende doelwit is om hom meer gereeld in Europa en die VSA te laat deelneem, sodat hy vir die Paralimpiese Spele kan kwalifiseer.
“In die drafskof het hy met sy krukke gehardloop, maar dit sal die laaste keer wees en hy sal in die komende maande werk om gewoond te raak om met die prostetiese been te hardloop. Vir die volgende drie maande lê ’n oefenkamp in die noorde saam met die Run Along Foundation vir hom voor.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie