Elvis Gaseb wen die 100 meter vir mans, met sy bors voor Mahmad Bock, in Atletiek Namibië se eerste Grand Prix op Swakopmund. Foto Hennie Horn
Elvis Gaseb wen die 100 meter vir mans, met sy bors voor Mahmad Bock, in Atletiek Namibië se eerste Grand Prix op Swakopmund. Foto Hennie Horn

Grand Prix-reeks begin traag

Atletiek
Die Universiteit van Namibië se atletiekklub het sake oorheers by Saterdag se eerste Grand Prix-byeenkoms van Atletiek Namibië wat op Swakopmund afgehandel is.

Die Unam-span was sterk verteenwoordig en het altesame 173 punte ingeryg – los voor die tuisklub Athletics Development Club (70), Namibiese Korrektiewe Dienste (60), Ohangwena (50), Kakadhinwa (38) en Swakop Striders (33).

Die 100 meter vir mans was een van die opwindende items, waar Elvis Gaseb die eerste plaaslike wedloop van die jaar gewen het teen Mahmad Bock, wat verlede jaar die 400-finaal by die Afrika-kampioenskap in Mauritius gehaal het.

Atletiek Namibië se Grand Prix-reeks hervat komende Saterdag met byeenkoms nommer 2 in Windhoek. Die derde Grand Prix is bespreek vir Rietfontein (18 Februarie), gevolg deur Otjiwarongo (25 Februarie), Oshakati (4 Maart), Eenhana/Oshakati (11 Maart), Mariental (19 Mei), Gobabis (17 Junie), Rundu (29 Julie) en Outapi (30 September).

Atletiek Namibië se senior nasionale kampioenskap is op 14-15 April (óf in Windhoek óf Swakopmund), terwyl die NSSU nasionale skolekampioenskap vir 28-29 Maart in die hoofstad bestem is.

Saterdag se voorste uitslae:

MANS

100 meter: 1 Elvis Gaseb (Athletic Development Club) 10.73, 2 Mahmad Bock (Unam) 10.80, 3 Clemence Mutilifa (ADC) 10.92.

400 meter: 1 Enock Kawiwi (Unam), 2 Cassy Theophilus (Unam) 52.16, 3 Branden Rupingena (Unam) 52.31.

1500 meter: Mathew Angula (Unam) 4:05.77, 2 Michael Paulus (Omaruru) 4:11.23, 3 Jonas Erastus (Kakadhinwa) 4:17.01.

5000 meter: 1 Simon Paulus (Nampol) 14:33.5, 2 Simon Nakale (Nampol) 15:01.5, 3 Matias Simon (Nampol) 15:19.07.

Gewigstoot: 1 Reginald Benade (QSB) 10.65m, 2 Hope Katjihingua (Unam) 8.61m.

Spiesgooi: 1 David Ndeilenga (NCS) 44.95m, 2 Hope Katjihingua (Unam) 37.95m, 3 Cosmos Haindongo (Ohangwena) 31.8m.

Verspring: 1 Andrew Kalilo (Swakop Striders) 6.29m, 2 Ashwinn Slabbert (Swakop Striders) 6.09m, 3 Euzein Gonteb (ADC) 5.99m.

4x400 aflos: 1 Unam (Mathew Angula, Mahmad Bock, Festus Kandiba, Enock Kawiwi) 3:18.98, 2 Unam B 3:35.16, 3 Unam C 3:38.33.

VROUE

100 meter: Cornelia Goreses (Unam) 12.99, 2 Ndilimeke Erastus (Ohangwena) 13.06, 3 Mudi-Inosensia Haingura (geen klub) 13.19.

400m: 1 Jade Nangula (Unam) 59.99, 2 Mudi-Insensia Haingura (geen klub) 1:00.26, 3 Christine Mukumbi (Unam) 1:03.23.

1500 meter: 1 Martha Shivolo (NCS) 5:06.2, 2 Gerde Hamutenya (Kakadinwa) 5:06.5, 3 Victoria Kaliteka (NCS) 5:17.9.

3000 meter: 1 Indileni Mweshamekange (NCS) 11:03.1, 2 Elizabeth Kalola (Ohangwena) 11:58.5, 3 Emilia Haufiku (Ohangwena) 12:24.4.

100 hekkies: 1 Chrislene Klein (ADC) 16.01, 2 Alessandra Kaura (Triomf) 16.83. 3 Kayli Nel (QSB) 18.47.

Diskusgooi: 1 Queen Gontes (ADC) 20.29m.

Hoogspring: 1 Chrislene Klein (ADC) 1.60m.

Driesprong: 1 Ze-zane Lewin (Unam) 9.11m.

4x400 aflos: 1 Unam (Jade Nangula, Cornelia Goreses, Christine Mukumbi, Mberi Katunohange) 4:17.86, 2 Ohangwena 4:25.96, 3 NCS 4:26.03.

Kommentaar

Republikein 2025-01-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 23° | 36° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 19° | 26° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 13° | 28° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 23° | 26° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!