Gravel & Dirt-reeks se kampioene gevier.
Bergfietsry
Deelnemers aan die Gravel & Dirt-bergfietsreeks, aangedryf deur Hollard Namibia, het Dinsdagaand hul seisoen afgesluit met die prysuitdeling by die Windhoek Skougronde.
Die reeks van agt byeenkomste was opnuut deurgaans gewild. Ryers moes aan minstens vier daarvan deelneem en elkeen se ses beste uitslae is gebruik om hul finale plasing in die onderskeie kategorieë te bereken.
Die reeks se algehele vrouetitel is deur Anri Krugel (1500 punte) gewen, met die subveteraan Gerhard Mans (1090) as die manskampioen.
Die tweede geplaaste vroueryer Maike Bochert (840) is gevolg deur Monique du Plessis (720, derde), Robyn-Lee Swartz (660, vierde) en Anneke Steenkamp (630).
By die mans was Xavier Papo (1070) die naaste aan Mans se wentotaal, met Ingram Cuff (990, derde), Clinton Hilfiker (950) en Alex Miller (910) die res van die topvyf.
Anri Krugel het die prys vir die beste presteerder in enige volle marathon-kategorie gewen, met haar puntetotaal van 1500 loshande die meeste. Fana Lambert het ook uitgestaan as wenner van die hoogste puntetotaal by die mans (1400) om die Rhino-mans se marathonreeks te wen.
ELITE KATEGORIE
In die volle marathon-reeks is die elite-vrouetitel toegeken aan Anri Krugel (1500 punte), gevolg deur Monique du Plessis (850) en Luanné van der Schyff (680).
Die elite manstitel gaan aan Xavier Papo (1250). Danzel de Koe (1170) was tweede en Alex Miller (910) derde.
ANDER MARATHON-KATEGORIEWENNERS
Grootmeester mans: 1 Jens Adam, 2 Hentie Hough, 3 Gabor Salamon.
Grootmeester vroue: 1 Karin Brockmann, 2 Monika Grossman.
Meester mans: 1 Clinton Hilfiker, 2 Nick du Plessis, 3 Therald Murch.
Renoster mans (90 kg plus): 1 Fana Lambert, 2 Morne Honiball, 3 Riaan Gerber.
Veteraan vroue: 1 Maike Bochert, 2 Anneke Steenkamp.
Sub-veteraan vroue: 1 Marcelle Eloff.
Sub-veteraan mans: 1 Gerhard Mans, 2 Drikus Coetzee, 3 Marckernzy Eiseb.
Die halfmarathon-reekswenners was Marlene Reichel (vroue) en Tiaan Nel (mans).
Die reeks is deur Johan Pretorius georganiseer en het agt Gravel & Dirt wedrenne by verskillende venues, asook agt Sundowner-wedrenne ingesluit.
“Die Gravel & Dirt Marathon-reeks was weereens die hoogtepunt van die jaar vir Namibië se marathon-bergfietsryers, met ’n gesamentlike totaal van meer as 2000 inskrywings by ons verskillende venues.
“Tydens die Sundowner-reeks op Woensdagnamiddae het ons meer as 200 verskillende ryers gehad wat aan minstens een of meer wedrenne deelgeneem het,” het Pretorius gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie