Griekwas kies beide sy Namibiërs
Rugby
Die oud-Tukkie Raegan Oranje, wat meer bekend is as ’n skrumskakel, sal Vrydag vir Griekwas teen die Ierse Opkomende span op vleuel uitdraf.
Die Poubloues en Iere pak mekaar in ’n wedstryd van die Toyota-uitdaagreeks in Bloemfontein.
Vir Oranje (25) is dit ’n gulde geleentheid om vir hom ’n plek in Griekwas se beginspan oop te speel. Hy het die afgelope paar seisoene meestal agter ’n speler soos Stefan Ungerer, en vanjaar Johan Mulder, in die ry vir die Poubloues se nr. 9-trui gestaan.
Ungerer is nou in diens van die Westelike Provinsie.
Dylan Alexander sal Vrydag op skrumskakel begin, met Mulder op die reserwebank. Alexander se skakelmaat sal die oud-Puma Eddie Fouché wees.
Pieter Bergh, afrigter van die Poubloues, het met die spanaankondiging gesê hulle gebruik die uitdaagreeks as voorbereiding vir 2023 se Curriebeker.
“Ons gaan probeer om die meeste van die spelers in ons groep speelkans te gee,” sê Bergh.
Malcolm Jaer, een van Griekwas se nuwe aanwinste, word op heelagter ingespan. Jaer (27), wat in 2019 ’n draai by die nasionale sewesakademie gemaak het, was tot verlede seisoen by die Vrystaat gekontrakteer.
Bergh sê hulle dink Jaer sal vir die X-faktor in die Noord-Kapenaars se agterlyn sorg.
Daar is drie toetsspelers, Janco Venter (agtsteman), Johan Retief (slot) en Godfrey Muzanargwo (plaasvervanger-losvoorspeler), in Griekwas se groep vir die wedstryd. Venter en Retief het al vir Namibië en Muzanargwo vir Zimbabwe uitgedraf.
Griekwas: Malcolm Jaer, Raegan Oranje, Jay-Cee Nel, Tertius Kruger, Luther Obi, Eddie Fouché, Dylan Alexander, Janco Venter, Werner Gouws, Niel Otto (k), Albert Liebenberg, Johan Retief, Justin Forwood, Simon Westraadt, Kudzwai Dube.
Reserwes (uit): Janco Uys, Melusi Mthabela, Janu Botha, Godfrey Muzanargwo, Michael Amiras, Johan Mulder, George Whitehead, Ashlon Davids, Francois Staples, Thabo Ndimande, Vaughen Isaacs.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie