’n  Speler van Griekwas o.16 duik oor vir ’n drie in hul nederlaag teen die Pumas.
’n Speler van Griekwas o.16 duik oor vir ’n drie in hul nederlaag teen die Pumas.

Griekwas sal o.16-span meet

Skolerugby
Beide Namibië se skolerugbyspanne op toer in Suid-Afrika is vandag in hul derde wedstryd in aksie.

By die o.16 Grant Khomo-week by die Hoër Landbouskool Boland sal die Namibiërs onder aanvoering van die flank Pieter-Jan Strydom om 09:50 in hul laaste wedstryd teen Griekwas uitdraf. Namibië het sover onoorwonne gebly met oorwinnings teen Grens Platteland (45-19) en Zimbabwe (12-10)

Griekwas se o.16’s het op dag twee met 10-5 teen die Valke gewen, nadat hulle met ’n nederlaag van 10-38 teen die Pumas geopen het.

• By die Cravenweek vir laerskole speel Namibië vandag om 12:00 teen Zimbabwe in die tradisionele botsing tussen die twee buurlande.

Zimbabwe het sover beide wedstryd verloor – met 46-0 teen SWD en met 10-27 teen die Luiperds.

Die jong Namibiërs het met 28-12 teen Grens Platteland gewen en daarna met 0-39 teen Oostelike Pronvinsie verloor.

• Beide die Namibiese wedstryde is geskeduleer om regstreeks op https://live.supersportschools.com/ gevolg te kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!