Griep ontwrig Tsumeb se skoolwerk én rugby

Gesondheid
Bykans die helfte van die skool moes al vandeesweek tuisbly en sommige het in die hospitaal gaan draai.
Uit die 107 skoliere van Tsumeb Gimnasium se hoërskoolklasse het 49 vandeesweek tuis aangesterk met griepsimptome, wat 45% van die skool verteenwoordig.

Hierdie stand van sake is op die voorgrond gedryf toe die skool se eerste rugbyspan gevolglik noodgedwonge aan komende Saterdag se Standard Bank onder 19 premierliga-wedstryd moes onttrek, wat by die WHS Vegkop-stadion sou plaasvind.

“Ons beleef dat veeltalle skoolkinders griepsimptome ondervind, van wie verskeie in die hospitaal opgeneem is. Virale Influenza B-infeksies is by sommige bevestig,” skryf dr. PD du Plessis van Etosha Medicare in ’n skriftelike nota wat die skool tydens sy onttrekking aan die rugbywedstryd aangeheg het.

Du Plessis voeg by: “Hierdie toestand neem tien dae om op te klaar en in my professionele siening behoort die betrokkenes nie aan sport deel te neem terwyl hulle griep het nie. Ek stem heelhartig saam met die Internasionale Olimpiese Komitee se konsensus van 2022 dat enige siekte wat in die boonste lugweë voorkom, as lig of matig of ernstig geklassifiseer behoort te word. In die meeste gevalle wat by dokters aangemeld is, is die siekte op ’n matige vlak.”

“Hierdie sportdeelnemers behoort eers tot sport terug te keer sodra al die sistemiese simptome opgeklaar het, wat volgens studies ’n tydperk van sewe dae beteken. My professionele mening is dat dit minstens tien dae sal duur vir die deelnemers om terug by oefensessies te wees en dat hulle dan teen ’n oefenpas van 60 persent van hul gebruiklike inspanning kan oefen voordat hulle weer wedstryde speel.”

Compack Tsumeb Gimnasium se eerste span is tans in die vierde posisie uit die agt spanne in die Standard Bank onder 19-premierliga.

Wouter Niehaus, skoolhoof en afrigter van die eerste span, het die betrokke partye en organiseerders Dinsdag skriftelik van Tsumeb Gim se onttrekking ingelig.

“Dis die eerste keer in ons skool se rugbygeskiedenis dat ons uit ’n premierliga-wedstryd moet onttrek. Oor die laaste weke het ons ’n beduidende voorkoms van griep by ons skoliere beleef en verskeie is in die hospitaal opgeneem.

“Hoewel ons in ons vorige twee (verloor)wedstryde teen Moria en Pro-Ed sonder onderskeidelik vier en ses spelers klaargekom het, het die situasie vandeesweek beduidend versleg.

“Uit ons o.19-groep is 13 spelers tans afgeboek, van wie 11 in die beginspan is. Dit laat ons met net nege spelers. Sonder ’n volledige span het ons geen keuse as om aan hierdie wedstryd te onttrek nie. Ons vra verskoning vir enige ongerief en ontwrigting aan u beplanning en waardeer u begrip.”

Die onoorwonne Samsung WHS sou komende naweek Tsumeb Gim (36 punte ná twee oorwinnings uit ses wedstryde) se laaste ligawedstryd voor die semifinale gewees het.

Tsumeb se vierde posisie en kwalifisering vir die uitklopfase word veral deur OK Moria van Outjo en Autohaus Windhoek Affies bedreig (Besonderhede van die liga by www.rugby.my.na).

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.32 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.86 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.87 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 549.80/OZ UP +1.50% | Copper US$ 4.16/lb UP +0.57% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.07/BBP UP +1.34% | Platinum US$ 968.47/OZ UP +1.52% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.32 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.86 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.87 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 549.80/OZ UP +1.50% | Copper US$ 4.16/lb UP +0.57% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.07/BBP UP +1.34% | Platinum US$ 968.47/OZ UP +1.52%