So lyk van die ovaalbaankarre wat môre gesien kan word. Foto Redline-motorklub
So lyk van die ovaalbaankarre wat môre gesien kan word. Foto Redline-motorklub

Groot geraas sal petrolkoppe bederf

Ovaalbaanrenne
Tielman Van Lill
Die Shell V-Power Internasionale Ovaalbaanrenne word Saterdag by die Tony Rust-renbaan deur die ervare Redline-motorklub aangebied.

Die kompetisie beloof om die hoogtepunt van die jaar te wees met meer as 20 Suid-Afrikaanse jaers wat in verskillende klasse soos die Hotrods, V8 Sprints en 2 liter-Hotrods die baan gaan laat dreun.

Namibië se plaaslike talent Wilro en Jandré Dippenaar gaan hul finesse in hul PZN Panelbeaters geborgde Rotaries teen die besoekers toon.

Die byeenkoms is ook deel van die Namibiese nasionale grondovaalbaankampioenskap waarin plaaslike jaers mekaar gaan opdreun.

Dippies Dippenaar van Redline-motorklub het aan Republikein gesê: “Kom geniet die aksie, maar moet asseblief nie huis toe bestuur nie. Mense kan hul voertuie veilig onder toesig by die baan los en eerder met ’n huurmotor huiswaarts keer. Dis veel goedkoper as om met die owerhede te bots.

“Die dag gaan skouspelagtige renne oplewer wat Namibiërs nog nie beleef het nie. Dis groter en beter as die byeenkoms wat ons in 2019 aangebied het.”

Kaartjies is by die hekke beskikbaar en kos N$100, terwyl kinders onder 12 jaar slegs N$50 betaal. Die hekke open 11:00.

Die kwalifiserende rondtes vind voor die hoofrenne plaas en die eerste geraasmakers spring vieruur weg. Toeskouers sal die geleentheid kry om die karre te besigtig en die jaagduiwels te ontmoet.

Lefa-bestuurders is Saterdagaand beskikbaar by die venue en kan by 081 650 3552 vir ’n kommervrye en veilige rit huis toe geskakel word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!