Groot ruiterkuns-prestasie vir Marzaan (14)

Perdesport
Die Windhoeker Marzaan Visser het die gesogte Kampioen van Kampioene-titel op die 2023 Suid-Afrikaanse nasionale ruiterkunskampioenskap by die Wêreld-opelugskou in Bloemfontein op haar perd Dreams Black Diamond ingepalm.

Visser, net 14 jaar oud, is die derde ruiter uit Namibië wat dié titel kon huistoe bring ná Yolande Oberholzer in 2001 en Mariska Oberholzer in 2004.

Kampioen van Kampioene is ’n baie sterk klas in Bloemfontein, waarin al die ruiterkunsruiters van alle ouderdomme meeding. Die ruiters neem die eerste dag deel deur ’n “railwork” te voltooi en daarna volg die orde van trekking om hul toets op die baan te voltooi.

Elke ruiter word beoordeel deur drie afsonderlike beoordelaars wat noukeurig punte toeken vir die funksionele uitvoering van elke segment van die toets op die regte merke, deur die korrekte diagonaal van perd te gebruik, asook om die bepaalde ruiterkunslyne op jou liggaam te handhaaf terwyl die perd die funksie op ’n spesifieke wyse moet voltooi.

Ná afloop van dag 1 bly slegs die top-8 oor wat met hul perd ’n finale toetsdiagram op ’n baan voltooi en dan Saterdag die finale “railwork” ry. Die Saterdagaand word al drie dae se punte bymekaar getel en word die wenner aangekondig.

Marzaan se perde staan in afrigting by Jacques Wiggins stalle in Vredenburg en sy moet gereeld na Suid-Afrika reis vir oefensessies op haar perde. Deur die week oefen sy elke dag op haar skoolperd by Role Equestrian Centre in Windhoek.

Dit kos baie toewyding, deursettingsvermoë en baie oefening en ure in die saal om dié groot prestasie te bereik.

Sy was ook in 2022 aangewys in die topvier driegangruiter by die Saddle Seat Suid-Afrika proewe en het Suid-Afrika as lid van die Protea-ruiterspan in Julie 2022 in die VSA by die Kentucky Harrodsburg verteenwoordig.

By die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap het Marzaan ook in ander klasse deelgeneem en die volgende gesogte titels ingepalm:

• Grootkampioen driegang Plesierperd Ruiter onder 14, op haar perd Decimus.

• Grootkampioen vyfgang Plesierperd Ruiter onder 14, op haar perd Jackie Chu.

• Grootkampioen driegangruiter onder 14, op haar perd Black Diamond.

• Grootkampioen Reserwe vyfgang kinderperd onder 14, op haar perd Striking Touch.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!