Haaie klink Curriebeker-kampioen se doppie
Rugby
Die Pumas, verlede jaar se Curriebeker-kampioen, het Vrydagaand hard aarde toe gekom teen die Haaie in Durban.
Die Haaie het ’n vertoning van vasbyt en durf opgedis om met 19-12 te wen. Dit was die Laevelders se eerste nederlaag in vanjaar se Curriebeker-kompetisie.
In ’n stadium in die tweede helfte het die Haaie net 13 spelers op die veld gehad toe die flank Corné Rahl (rooi kaart) en die stut Dian Bleuler (geel kaart) van die veld was. Dit het die Durbaniete egter nie van stryk gebring nie.
Dit was voorlangs dat die KwaZulu-Natallers die grondslag vir die oorwinning gelê het. Die Pumas het min antwoorde vir die Haaie se kragspel in die skrums en hul rolmaalbewegings gehad. Daarby het spelers van die Haaie soos die losvoorspeler Thembelani Bholi meer as een keer meters veld gewen met die bal in die hand.
Dit was van die afskop af duidelik dat die Haaie, wat doelgerig en met geesdrif gespeel het, ernstig daaroor was om die Pumas ’n les te leer.
Die Pumas was hul eie grootste vyand in die eerste helfte. Hulle het strafskoppe afgestaan asof dit binnekort uit die mode gaan.
In die eerste 40 minute het die Haaie balbesit en gebiedsvoordeel oorheers. Die paar keer dat die Laevelders wel balbesit gehad het, het foute ingekruip wat hulle gekeer het om punte aan te teken.
Teen die tyd toe die fluitjie vir rustyd geblaas het, was die telling 16-0 in die Haaie se guns.
In die tweede helfte het die Pumas meer balbesit gehad, en gevaarlik op die aanval gelyk. Hulle is in die 50ste minuut beloon toe ’n strafdrie aan hulle toegeken is.
Net nadat die strafdrie toegeken is, is Rahl met ’n rooi kaart afgestuur omdat hy die Pumas se flank André Fouché met die kop geslaan het. Rahl en Bleuler (geel kaart) is saam afgestuur. Bleuler se sonde was dat hy ’n rolmaalbeweging onwettig grond toe gebring het.
Laat in die wedstryd het dit gelyk asof die Pumas dalk kan wen, veral nadat Llewellyn Classen gaan druk het om die telling 19-12 te maak. In die doodsnikke van die wedstryd het die Pumas alles probeer om te wen, maar kon net-net nie daarin slaag nie.
Die Haaie verdien ’n pluimpie vir hul verdediging – veral in die laaste minute van die wedstryd.
Puntemakers:
Haaie 19 (16): Drie: Tiaan Fourie. Doelskop: Fred Zeilinga. Strafdoele: Zeilinga (4).
Pumas 12 (0): Drieë: Strafdrie, Llewellyn Classen.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie