• Tuisblad
  • Sport
  • Hainuca haal 100-finaal in Mauritius; 400-drietal vorder ook
Gilbert Hainuca, die Namibiese 100-kampioen.
Gilbert Hainuca, die Namibiese 100-kampioen.

Hainuca haal 100-finaal in Mauritius; 400-drietal vorder ook

Atletiek
Tielman van Lill
Namibiese atlete het Woensdag op die eerste dag van die Afrika Senior Atletiekkampioenskap in Mauritius gemengde welslae in die uitdunrondes en semifinale behaal.

Gilbert Hainuca (10.15 in sy semifinaal, tweede) van Namibië sal Donderdag in die mans se 100-finaal teen die Afrika-rekordhouer Ferdinand Omanyala (10.07) uitspook.

Die ander ses finaliste is Emanuel Alobwede (10.19, Kameroen), Henricho Bruintjies (10.21, RSA), Akani Simbine (10.09, RSA), Matadi (10.13), Raymond Ekevwo (10.15, Nigerië) en Noa Bibi (10.24, Mauritius).

Ernst Narib (Namibië) eindig derde in sy uitdun (10.70) en kwalifiseer nie vir die semifinaal nie. Hainuca het sy uitdun met 10.23 gewen.

400 MANS

Namibië se drietal Mahmad Bock 46.49, André Retief 47.11 en Ivan Danny Geldenhuys 47.86 het die uitdunne oorleef en sal Donderdag teen Afrika se vinnigste 400 m-atlete in die semifinale te staan kom.

Bock het onlangs in Botswana ’n vinnige 45.80 vir ’n Namibiese rekord gehardloop.

Ndori Bayapo (Botswana) 45.31, Samukonga Muzala (Zambië) 45.48, Reale El-mir (Reunion) 47.98, Mohamed Farres Glassi (Tunisië) 46.52, Luchembe Kennedy (Zambië) 46.93, Yobsan Biru Wegi (Ethiopië) 47.55, Tumisang Shezi (RSA) 47.20, Saïdi Fabrisio (Reunion) 47.90, Patrick Kakozi (Zambië) 46.68, Mendy Frédéric (Senegal) 46.78, William Seewua (Kenia) 46.80, Nathaniel Samson (Nigerië) 47.01, Adeyemi Sikiru (Nigerië) 46.73, Collins Gichana (Ken) 47.60 en Scotch Leungo (Botswana) 46.74 sal die beste uit die Namibiërs in die semifinaal haal.

100 VROUE

Gina Bass van Gambië het in die 100 meter-uitdun 11.36 sekondes aangeteken, terwyl Carina Horn van Suid-Afrika (RSA) met 11.27 haar aanslag geopen het.

Seyni Moumouni Aminatou (Nigerië) se 11.07 is egter die vinnigste tyd. Sadé de Sousa van Namibië het met ’n beskeie 12.52 haar uitdun oorleef, maar in die eerste semifinaal was De Sousa met 12.59 sewende.

In die semifinaal wen Aminatou in 11.05, terwyl Horn met 11.08 haar wegspringplek vir die finaal bespreek.

400 METER VROUE

In die eerste ronde eindig Mudi-inosensia Haingura van Namibië in 61.34 vyfde met Miranda Coetzee van die RSA eerste in 52.11.

Nandi Vass (Nam) behaal die derde plek in haar uitdun, maar kan met 58.73 nie vir die semifinaal kwalifiseer nie.

Thomphang Basele van Botswana (54.66) en Marlie Viljoen van die RSA (54.99), Veronica Mutua van Kenia (52.97) en Patience George van Nigerië (52.19) het van die vinnigste tye opgestel.

VROUE GEWIGSTOOTFINAAL

Die skoolmeisie Tuané Silver eindig met 13.78 meter sesde. Die beste afstand van haar ses pogings is veel swakker as haar Namibiese senior rekord wat sy vroeër vanjaar behaal het. Ischke Senekal (RSA) raap die goud met 16.48 m op.

800 MANS

David Dam behaal wel net die vyfde plek met 1:49.62 in sy uitdun, maar dring tot die finaal deur as een van die vinnigste verloorders.

Hy sal sy staal teen die vinnigste manne soos Elias Ngeny (Kenia) 1:47:16, Tolesa Asho (Ethiopië) 1:47:32, Oussama Nabil (Marokko) 1:47:82, Jabulane Ncamane (RSA) 1:49:18, Efrem Weldegebrel (Ethiopië) 1:49:96 en Kabelo Mohlosi (RSA) 1:50:21 moet toon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!