Haitopi en Kondjashili opnuut die vinnigste
Padwedlope
Kephas Kondjashili (Nampol) het Saterdag sy vyfde opeenvolgende oorwinning by die negende Omaruru PowerSave-straatmyl behaal toe hy die 1.6 kilometer in 4 minute 08.3 sekondes kafgedraf het.
Hy kon net-net daarin slaag om Paulus Daniel van Korrektiewe Dienste te klop, wat haastig op sy hakke in 4:10.2 tweede geëindig het met sy spanmaat, Rainhold Tomas, derde in 4:10.6.
Lavinia Haitopi (Nampol) het in 2018 en 2019 dié wedloop gewen. Haar sege Saterdag besorg is dus ook haar derde agtereenvolgende myltitel. Sy het in 4:51.2 bykans ’n sekonde voor Angela Tulika (4:52.4) van Oshana en Indileni Mweshamakenga (Korrektiewe Dienste, 4:52.6) oor die eindstreep gedraf.
Danksy koel en bewolkte toestande kon die meer as duisend deelnemers Saterdagoggend ietwat meer gemaklik die uitdaging aandurf.
Bethold Karumendu, hooforganiseerder en Erongo-sportbeampte, sê: “Gebeure van hierdie kaliber word altyd moontlik gemaak deur diegene wat by sukses betrokke is.
“Die negende uitgawe van die Erongo PowerSave-straatmyl het 1 342 inskrywings gehad, maar weens ’n gebreekte bus kon net 1 296 deelnemers aantree. Die bus van Erongo het onklaar geraak en die atlete was langs die pad gestrand.
“Ek is in my noppies met die atlete se vertonings in Omaruru die naweek. Dis nie altyd maklik om te beplan, voor te berei en aan te bied nie. Dit verg baie toewyding en verantwoordelikheid om sukses te behaal.
“Ek moet die steun van my hoofborg Shield Namibia/Erongo Powersave Wholesale erken en waardeer; asook vir FNB Omaruru, Coca-Cola, die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, die direktoraat van sport en my tegniese span wat betrokke was by die wedloop asook die Omaruru-dorpsraad wat meegehelp het, hartlik bedank.
“Ná twee jaar se afwesigheid weens Covid-19 was die hoogtepunt van die dag Lavinia Haitopi wat die vrouewedloop gewen het en Kephas Kondjashili wat Daniel Paulus geklop het, maar nie daarin kon slaag om die kompetisierekord (04:06.2) te herskryf nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie