Hardwick op dreef vir Rebels
Rugby
Die 2023-seisoen van Superrugby is aan die gang met spelers wat met goeie vertonings hul kleim afsteek in die opbou na die Wêreldbeker wat in September in Frankryk begin.
Die ACT Brumbies het hulself opnuut as Australië se toonaangewende span gevestig met ’n swaarverdiende oorwinning teen die NSW Waratahs (31-25).
Die Australiese webblad Rugby.com.au het die Namibiese agtsteman van die Melbourne Rebels, Richard Hardwick, op agtsteman aangewys in sy uitsoekspan van die Australiese spanne ná die eerste rondte.
“Hardwick was die Rebels se uitstaande speler en het beter verdien as om met ’n naelskraapse nederlaag (27-34) weg te kom. Die Namibiese toetsspeler het in die eerste helfte die afbreekpunte beheer en verskeie kere deurslaggewende balbesit afgeneem. Hiervoor verdien hy insluiting in ons span bo Harry Wilson, wat weer stewig was vir die Queensland Reds.”
Die 28-jarige Hardwick, wat in 2017 twee toetse vir die Wallabies gespeel het, het volgens ’n gewysigde reël van Wêreldrugby ná drie jaar waarin hy nie toetsrugby gespeel het, in aanmerking gekom om ’n eenmalige verandering te maak indien hy vir nog ’n land kwalifiseer.
Die gebore Windhoeker het dus in November sy toetsdebuut vir Namibië gemaak as plaasvervanger in die dramatiese oorwinning met 43-37 teen Kanada in Amsterdam.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie