Heita mik vir ’n dubbeldoor-kroon

Boks
Tielman van Lill
Die boksers uit die stal van die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie het Woensdag hul Together as One Part 7-boksfees in die middestad afgeskop met die aangesig tot aangesig konfrontasie waar die manne mekaar probeer bang aangluur en praat het.

Tobias se boksfees môreaand in Kuisebmond, Walvisbaai, bied ’n lywiger progam aanbied as wat aanvanklik voor beplan was, met twaalf opwindende gevegte.

Tobias sê: “Die Pan Afrika-titelgeveg van die Wêreldboksvereniging (WBA) tussen Mateus Heita en Jonas Mateus wat vir 28 Mei geskeduleer is, het pas baie groter geword.

“Met die byvoeging van die Wêreldboksorganisasie (WBO) se Afrika-titel sal daar nou twee kontinentale titels van die grootste twee beheerliggame ter wêreld op die spel staan.

“Mateus Heita is reeds die WBA se Pan Afrika-kampioen. Hy kry nou die geleentheid om ook die WBO se Afrika-superkapokgewigtitel by sy naam te voeg, wat hom regstreeks ’n posisie op die WBO-wêreldranglys onder die topvyftien sal gee.”

Die 24-jarige Heita het die vakante WBA Afrika-titel in Desember gewen toe hy Tinashe Mwadziwana van Zimbabwe op Walvisbaai tot oorgawe gedwing het, sodat hy nie vir die sesde ronde wou aanmeld nie.

Die 36-jarige Jonas Matheus is op sy beurt ’n geharde kalant wie se laaste geveg in November in Oos-Konden teen Gideon Buthelezi van Suid-Afrika die volle tien rondes geduur het, voordat twee uit drie beoordelaars die tuisvegter laat wen het.

Matheus was in 2012 by die Olimpiese Spele in Londen, voor hy die volgende jaar die beroepsarena betree het.

Tafels vir belangrike gaste verkoop vir slegs N$15 000 met kos en wyn ingesluit, terwyl BBP-kaartjies vir sitplekke naaste aan die kryt N$200 kos. Gewone toegang beloop N$50 en kinders N$20. Die verrigtinge sal omstreeks 17:00 begin.

1 Veergewig (4 rondes) Mervin Nehemia (2 gevegte, 2 verloor) tn Shangandjua Silas (professionele debuut).

2 Junior middelgewig (4 rondes): Andreas Shikongo (0-1) tn Shipahu Deocar (0-1).

3 Vlieggewig (4 rondes): Erastus Shapaka (0-1-1) tn Thomas Gabriel (1-2).

4 Junior weltergewig (4 rondes): Nestor Amukoto (1-2-1) tn John Rwish (2-4).

5 Junior liggewig (4 rondes): Nepembe Nangolo (1-1) tn Reinhold Mathias (2-1-1).

6 Veergewig (4 rondes): Frederick Nghutenanye (3-0) tn Immanuel Jason (3-4-1).

7 Veergewig (6 rondes): Martin Mukungu (6-1) tn John Herman (3-1).

8 Junior liggewig (4 rondes): Lineekela Nghifindaka (3-2-1) tn Ambrosius Kemunini (1-0).

9 Kapokgewig (4 rondes): Nestor Thomas (5-0) tn Nashilongo Tiofelus (1-3-3).

10 Supermiddelgewig (6 rondes): Max Ipinge (6-1) tn Thomas Limbandungila Jerobeam (0-0-1).

11 Nasionale superkapokgewigtitel (10 rondes): Fillipus Shaanika (9-1-1) tn Julius Sheefeni (1-3-3).

12 WBA Pan-Afrika- en WBO Afrika-superkapokgewigtitelgeveg (12 rondes): Mateus “The Beast” Heita (7-0) tn Jonas Matheus (15-4-1).

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Ipswich Town 2 vs 2 Aston Villa | Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Celta Vigo 1 vs 1 Girona | Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Como 3 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 2 vs 1 Venezia | Torino 2 vs 3 SS Lazio | Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A