Hengelaars bring twee goues huis toe
Strandhengel
Die Gala-toernooi is by Jeffreysbaai afgehandel.
Die Namibiese Strandhengelvereniging se spanne het twee goue medaljes ingepalm, teenoor Suid-Afrika se vier goues, by die internasionale gala-toernooi wat verlede week by Jeffreysbaai gehou is.
Die Namibiese grootmeestersmans en die senior mans A-span het goud gewen.
Suid-Afrika se vroue en mansmeesters asook die onder 16-seuns en mans o.21-spanne het goud gewen.
Die grootmeestersmans het vangste van 228.35 kg teenoor die 188.42 van Suid-Afrika behaal. Charles Bothma van Namibië was boaan die individuele lys met ’n gewig van 81.80 kg. Hy is gevolg deur die Suid-Afrikaner Lawrence Schroeder met ’n gewig van 73.54 kg en Jörg Walter van Namibië met 70.07 kg.
Danie du Toit van Namibië het die swaarste eetbare vis gevang – ’n steenbras van 5.93 kg.
Die meestersmans het met ’n verskil van net 16.46 kg teen Suid-Afrika gewen. Hul gesamentlike gewig was 488.57 kg, teen Suid-Afrika se 472.11 kg.
Robert Kyle van Suid-Afrika was in die eerste plek met 170.58 kg. Hy is gevolg deur die Namibiërs Henry Snyman (148.52 kg, tweede) en Johan Kotze (129.57 kg).
Snyman het die swaarste eetbare vis – ’n St. Josephhaai – en die swaarste oneetbare vis (’n bronshaai) gevang.
Die Suid-Afrikaanse meestersmanspan het met ’n gewig van 355.04 kg teenoor Namibië se 157.11 kg oorheers. In die eerste plek was Mike Bailey met 96.46 kg, gevolg deur Charlie Roseveare met 77.64 kg en Mike Hyman met 59.43 kg. Al drie is van Suid-Afrika.
Suid-Afrika se vrouespan het met 189.59 kg teenoor Namibië se 100.06 kg gewen. Leensie de Villiers van Suid-Afrika het gewen met haar 86.81 kg. Sy is gevolg deur die Namibiër Lydia Cilliers (50.63 kg) en in derde plek was Elzanne Cronje van Suid-Afrika met ’n totale gewig van 40.26 kg.
Die gasheerland se junior mans onder 21-span het 808.39 teenoor die 432.07 van Namibië behaal. Pieter du Toit was in die eerste plek met 263.80 kg, gevolg deur Cullen Opperman met 133.86 kg en Josh Gunton met 129.70 kg. Hulle is al drie van Suid-Afrika.
Herman Krauze van Namibië het wel die grootse eetbare vis, ’n kabeljou van 7.15 kg, gevang en sy landgenoot Kai Bachran het met nege visse die meeste in die kategorie gevang.
Die gasheerland se onder 16-seunspan het ’n wegholoorwinning met 444.73 kg teenoor Namibië se 113.14 kg behaal, asook die topdrie individue opgelewer – Walter van Rensburg eerste met 185.67 kg, gevolg deur Ethan Combrinck (91.30 kg) en Connor Noble (64.74 kg).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie