Hengelspan wen vyf goue medaljes teen SA
Strandhengel
Die Namibiese Strandhengelvereniging (NSSA) het vanjaar die Gus Kohlner-toernooi tussen Namibië en Suid-Afrika aangebied. Ses spanne van Suid-Afrika het teen ses Namibiese spanne meegeding in die jaarlikse toernooi wat van verlede Dinsdag tot Donderdag by Hentiesbaai gehou is.
Toestande was nie so gunstig as waarvoor die hengelaars gehoop het nie en die koue kusweer het hulle tot die uiterste getoets. Nietemin het die hengelaars van beide lande goed gevaar en ’n paar puik rekords is opgestel.
Wesley Renken, van die Suid-Afrikaanse President A-span, het ’n gemerkte sloephaai of spottie by Myl 28 gevang. Die haai was 1.51 meter lank en die merkernommer is opgeskryf.
Die 518 vangste oor die drie dae kom neer op ’n massagewig van ongeveer 3 ton.
In geheel is 197 sloephaaie en 37 eetbare vis tydens die toernooi gevang. Daar is 19 koeihaaie gevang waarvan die swaarste 36,1 kg geweeg het wat deur die Namibiese hengelaar Joe Hermann, van die Namibiese President A-span, gevang is.
Van die ses Namibiese spanne wat teen Suid-Afrika meegeding het, het vyf spanne goud en een span silwer gewen.
Die Namibiese Meestersspan het die algehele toernooi gewen met ’n totale gewig van 529,6 kg. Andre Bezuidenhout van die Namibiese President Meestersspan was die algehele individuele wenner met 11 oneetbare visse wat 161,4 kg geweeg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie