Hengelspanne teen RSA aangekondig

Strandhengel
Tanja Bause
Die Namibiese Strandhengelvereniging (NSAA) se presidentspanne wat aan die Gus Kohler-toernooi teen Suid-Afrika gaan hengel is aangewys.

Dié toernooi sal tussen 4 en 6 Oktober in Namibië gehou word.

Die Namibiese spanne wat aan die Gala-toernooi in Jeffreysbaai in Suid-Afrika van 5 tot 8 Desember teen die Proteas gaan meeding, is ook aangekondig.

Die NSAA-keurders is vol vertroue dat die spanne die prestasie van 2021 sal ewenaar of verbeter, toe Namibië geskiedenis gemaak het deur in tien van die twaalf kategorieë goue medaljes te wen, terwyl hulle teen Suid-Afrika in die jaarlikse strandhengeltoernooi meegeding het.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer