Henle weer eerste by Kaiser Wilhelm
Enduro
Die topklas in die vyfde ronde van die Ark Trading nasionale enduro-kampioenskap is Saterdag deur Marcel Henle gewen.
Die oorwinning by Kaiser Wilhelm is Henle se tweede, nadat hy ook die eerste kompetisie by Eros ingepalm het.
Quinton van Rooyen het egter drie van die vyf kompetisies gewen en was by twee geleenthede in die tweede posisie. Van Rooyen is nou 24 punte voor Henle op die punteleer, terwyl slegs vyf punte Corné Visser, Stuart Pierce en Oliver Röhrmueller van mekaar skei.
Mnr. Paul Koster, besturende direkteur van Ark Trading, het aan Republikein gesê: “Van Ark Trading se kant af is ons bly om deel van die Enduro-klub te kan wees en die kampioenskap te kan borg. Ná ’n paar moeilike jare sien ons dit as ’n geleentheid om die sportkode weer aan die gang te kry.
“Dis lekker om weer te kan meeding in families waar pa’s, seuns en selfs dogters in ’n veilige omgewing motorfiets kan ry. Daar is beslis nuwe gesigte in die sport en ons is dankbaar dat die deelnemergetalle weer groei.
“Van die jong ryers het na hoër klasse opgeskuif en die ouer manne wat tevore gereeld die medaljes gewen het, moet nou lig loop. Ons sien uit na die res van die seisoen en wil almal aanmoedig om te kom kyk hoe ons ry.
“As mense wil deelneem, moet hulle net kom. Daar is plek vir almal en verskillende klasse. Dis een ding van Enduro wat lekker is. Jy kan nou begin ry het, of die beste ryer wees.”
Die voorste uitslae:
Ope Pro (30 kilometer): 1 Marcel Henle (3 uur 55 minute 41 sekondes), 2 Quinton van Rooyen (3:59:24), 3 Oliver Röhrmueller (4:37:21).
Junior Pro (30 km): 1 Keanu Weber-Trianus (4:36:21), 2 Anton Myburgh (4:49:58), 3 Gerhard Myburgh (4:55:14).
Senior Pro (30 km): 1 Heiko Stranghöner (3:22:26), 2 Jörn Greiter (3:29:09), 3 Kai Hennes (3:32:15).
Klubmans (25 km): 1 Sean Kemp (3:08:58), 2 Wayne Schablinski (3:21:03), 3 Albertus Basson (3:29:58).
Groentjies (18 km): 1 Dylan Hilfiker (2:24:06), 2 Vigo Swiegers (2:24:15), 3 Hanno Swiegers (2:30:52).
Huidige nasionale puntestand (eerste 5 posisies)
Ope Pro: 1 Quinton van Rooyen (94), 2 Marcel Henle (70), 3 Corné Visser (54), 4 Stuart Pierce (52), 5 Oliver Röhrmueller (49).
Junior Pro: 1 Keanu Weber-Trianus (60), 2 Anton Myburgh (49), 3 Gerhard Myburgh (47), 4 John Daniel Simpson (35), 5 Charles Koster (17).
Senior Pro: 1 Jörn Greiter (94), 2 Kai Hennes (79), 3 Heiko Stranghöner (57), 4 Jaco Husselmann (41), 5 Handré Myburgh (40).
Klubmans: 1 A. Basson (86), 2 S. Kemp (57), 3 Horst Becker (45), 4 Frederick van Greunen (39), 5 Petrus Badenhorst (39).
Groentjies: 1 Vigo Swiegers (97), 2 Willem Swiegers (74), 3 Zoe Waldschmidt (58), 4 Hanno Swiegers (56), 5 Vyvyan Vernooy (43).
• Die volgende Enduro-kampioenskapsbyeenkoms word vir 10 September by die plaas Neu-Heusis wes van die hoofstad beplan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie