Herontmoeting is wat Energy wil hê

Boks
Andrew Poolman
Fillipus Nghitumbwa is steeds teleurgesteld dat hy verlede maand teen die driemalige wêreldkampioen John Riel Casimero van die Filippyne verloor het. Die twee was in Manila in ’n hewige geveg om die Namibiër se WBO globale superkapokgewigtitel betrokke.

Nghitumbwa (bynaam Energy) glo hoewel hy in ronde 6 van die krytvloer opgestaan het, het hy steeds meer as genoeg gedoen om ’n oorwinning te verdien, of minstens ’n gelykopuitslag, gegewe sy oorheersende vertoning deur die hele geveg. Die tuisbokser is egter as die eenparige puntewenner aangewys.

“Ek soek ’n herontmoeting teen Casimero en hierdie keer sal ek seker maak ek slaan hom uit. Almal wat die geveg gekyk het, weet wie die ware wenner was.

“Ek het 70% van die geveg oorheers en was geskok en teleurgesteld in die tellinghouers se uitslag. Ek het baie respek vir Casimero as ’n wêreldklas vegter, maar ek weet ek is beter as hy en ek wil dit in die herontmoeting bewys en wil hierdie keer geen steen onaangeroer laat nie.

“As hy homself as ’n ware kampioen beskou, moet hy die uitdaging aanvaar sodat ons die ondersteuners nog ’n briljante geveg kan gee, maar hierdie keer sal hy tweedebeste daarvan afkom," het ’n selfversekerde Nghitumbwa gesê.

Sy promotor Nestor Tobias sê die harde slaner van Namibië het teen Casimero ’n wêreldklas vertoning gelewer. “Hy is beslis die toekoms van die superkapokgewig-afdeling en hy het dit gewys met sy vertoning teen Casimero.

“Ons sal moet sien of Casimero die uitdaging sal aanvaar en die wêreld sal wys dat hy ondanks sy ouderdom steeds op daai vlak is.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!