Hillian is die Rooi Bulle se trots

Klubrugby
Henrique Olivier, wat 103 punte in die premierliga bygedra het, was een van vier Rehoboth-spelers wat vanjaar op senior provinsiale vlak die Welwitschias-trui gedra het.
Andrew Poolman
FNB Rehoboth Rugbyklub het Saterdag sy jaareindgeselligheid gehou ter afsluiting van die tweede opeenvolgende seisoen waarin sy eerste span tot die halfeindronde van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga deurgedring het.

Vir die Rooi Bulle se bekende reusetrofee wat aan hul sportman van die jaar toegeken word, was die buitesenter Hillian Beukes ’n gewilde aanwysing, nadat hy vanjaar verskeie wedstryde vir die Windhoek Draught Welwitschias in die provinsiale Mzansi-uitdaagreeks gespeel het; soms ook as vleuel.

Die junior sportman van die jaar was Edward Drotsky, wat laas jaar vanuit Hoërskool Dr. Lemmer die o.18 Cravenweekspan as haker gehaal het en vanjaar met die nasionale o.20-span na Kenia getoer het. Die Rooi Bulle het hom vanjaar met tye ook as agtsteman gebruik.

Die sportvrou van die jaar is Ndapandula Werner.

Spelers se speler van die jaar: vleuel Dolano Vries (mans) en Pioné van Rooyen (vroue).

Mees toegewyde speler: stut Kevin Cloete (mans) en Charlyn Zaahl (vroue).

Beste voorspeler: slot Jerome Schumann (premierliga), Jeremy Cloete (reserweliga), Nancy van Wyk (vroueliga)

Beste agterspeler: skrumskakel Miquel Busch (premierliga), Mariano Loubser (reserweliga) en Ndapandula Werner (vroueliga).

Spelers wat die meeste vordering getoon het: vleuel Deevan Mathys (premierliga), Jason Farmer (reserweliga), Cande-Lee Cloete (vroue).

Mees veelsydige spelers: senter Diego Loubser (premierliga), Donovan Resandt (reserweliga), Dessery Boois (vroueliga).

Meeste punte: losskakel Henrique Olivier (103 punte in die premierliga), Casey Beukes (56 punte in die reserweliga).

Meeste drieë: skrumskakel Miquel Busch (11 drieë in die premierliga); Deevan Mathys (5 drieë in die reserweliga).

Jeandre Loubser (heelagter), Carl-William Freygang (stut), Hillian Beukes (senter) en Henrique Olivier (losskakel) het op provinsiale vlak vir die Windhoek Draught Welwitchias gespeel, terwyl Edward Drotsky, William Klazen (senter), Manfred Garoeb (vleuel) en Ray-Eez Feris (flank) vir die nasionale o.20-toerspan gekies was.

Dr. Jeremy Strong het as spandokter vir die Namibiese Wêreldbekerspan in Frankryk opgetree. Hy het ook die klub se voorsitterstrofee ontvang.

Foekie McNab is as die klub se mees getroue ondersteuner vereer.

Rehoboth Rugbyklub bedank die instansies en individue wat die jaareindfunksie moontlik gemaak het, naamlik Desmond Snyders, Gavin van Wyk, Foenie Benz, Janmar, Llewellyn Samuels, Charles Beukes en vyf anonieme bydraers.

Die klub wens al sy borge en ondersteuners ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige 2024 toe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!