Hinda land se eerste Afrika-kampioen
Gevegsport
Elf nuwe Afrika-kampioene is die naweek by die 2022 Internasionale Gemengde Gevegsport-kampioenskap (IMMAF) in Johannesburg bekroon.
Namibië se Veja Hinda het sy land se heel eerste kontinentale goue medalje in die veergewigklas (65.8 kilogram) opgeraap toe hy Suid-Afrika se Nicolaas Vermaak in die finale geveg ná net een minuut in die tweede ronde met ’n greep tot oorgawe gedwing het.
Hinda was deurentyd ’n doring in die vlees van sy teenstanders en het drie gevegte in drie dae gewen. In die semifinaal het hy Geraldo Moïse, sy teenstander van Mauritius, met ’n perfekte linkerskop teen die kakebeen droomland toe gestuur
Geraldo Bok (liggewig, 70.3 kg) het sy openingsgeveg gewen en Jason Beukes (vlieggewig, 56.7 kg) het op die eerste dag ’n loslootjie gehad, maar beide is in die semifinale uitgeskakel en keer met bronsmedaljes huis toe.
Hierdie uitslae in Johannesburg sal gewis ’n hupstoot vir hul afrigter Carlos de Sousa en sy klub Sousa Studio wees. Nadat Namibië eers in 2018 by die IMMAF geaffilieer het, het hy die afgelope naweek vir die eerste keer in ’n amptelike kompetisie meegeding.
In media-onderhoude het beide Hinda en Bok verklaar dat hulle baie trots is om lede van die eerste span te wees wat Namibië in die gemengde gevegsport op die wêreldkaart plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie