Hinda vat g'n nonsens in veghok
Gevegsport
Die aksie by die Africa Fight League gemengde gevegskuns (MMA) extravaganza Saterdagaand by Sport Klub Windhoek in Olympia het die stampvol saal en toeskouers op hul voete gehad.
Dié kompetisie wat deur Sousa MMA Studio in Windhoek aangebied is, het nege opwindende gevegte vir die entoesiastiese toeskouers opgedis.
Die vier Namibiese vegters het nie hul ondersteuners teleurgestel nie. In die hoofgeveg het Veja Hinda in die veergewigafdeling vir Ndombe Poe van Angola in die eerste ronde met ’n tegniese uitklophou gestuit, nadat Geraldo Bok in die hoofvoorgeveg vir Leonardo Pascal (Angola) in die eerste ronde met ’n wurggreep verslaan het.
Arno Jacobs se aanslag teen Jonathan Bana van Zambië was ewe indrukwekkend, met ’n vinnige uitklophou in die eerste ronde. Damian Muller het hom goed van sy taak gekwyt, maar is oor drie rondes met punte deur Chomba Mwandila van Zambië geklop.
Hinda het aan dié koerant gesê: “Baie dankie aan almal wat kom kyk het. Hoewel ek vooraf niks van my teenstander geweet het nie, het ek meer van hom verwag. My oorwinning in die eerste ronde is ’n goeie aanduiding hoe goed ons voorberei is.
“Hy het ’n paar goeie houe gegooi, maar dit het my nie ontsenu nie. Met die toeskouers agter my het ek net kalm gebly en geweet nadat ek hom opgesom het ek kan die geveg in die eerste ronde beklink.
“Ek is eintlik ’n kapokgewig, maar het vanaand in die veergewigafdeling geveg. Ons sal nou ’n bietjie rus en dan begin ons voorberei op die MMA-wêreldkampioenskap wat aan die begin van Januarie in Abu Dhabi gehou word.
“Ek is gretig om weer te begin oefen. Die wêreldkampioenskap is ’n geleentheid van ’n leeftyd en ek kan dit nie verspeel nie.”
ANDER UITSLAE
Grécio Lopes (Zambië) Bernad Chisenga (Zambië) klop met ’n uitklophou.
Alistar Kunene (Suid-Afrika) verloor teen Dumildo Chilala (Angola) met ’n guilotinegreep.
Adalberto Ntyamba (Angola) verslaan Mwelwa Khata (Zambië).
Paul Nkolomba (Angola) klop Joveth Santana (Angola) met ’n tegniese uitklophou.
Tarcel Shimbane (Zam) stuit Hiloplo Simbane (Suid-Afrika) met ’n tegniese uitklophou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie