Hingste terug as nommer een
Klubrugby
By die halfpadmerk van die Namibië Rugby-unie se premierliga het FNB Wanderers die voorsprong teruggewen met Saterdag se oorwinning met 45-20 op reis na FNB Reho Falcon.
Onder leiding van die hardwerkende flank Darius von Solms in die afwesigheid van hul gereelde kaptein Anton Steenkamp, het die Wit Hingste die maksimum punte versamel, terwyl hul tweede span nou ook boaan die NRU reserweliga se puntestand is.
Op Grootfontein het die veteraanflank Berry Gande ’n driekuns in die tweede helfte afgerond om FNB Unam te help om twee keer agterstande uit te wis in hul oortuigende oorwinning met 45-20 teen FNB Grootfontein. Dié aksiebelaaide stryd is regstreeks op NTV en NMH se platforms gebeeldsend.
In Khomasdal het kaptein Eloff du Plessis se Trustco United-span hul derde posisie agter FNB Kudus (afnaweek) gekonsolideer toe hulle met FNB Western Suburbs afgereken het (21-15).
• Meer op bl. 1 van Sport Wrap, en by www.fnbrugby.my.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie