Hoë lof (en nuwe Afrika-kampioen) vir NCF

Bergfietsry
Andrew Poolman
“Julle aanbieding laat voel my soos ’n trotse Namibiër – en ek is inderdaad ’n Suid-Afrikaner. Hierdie byeenkoms was een van die bestes wat ek nóg in enige Afrika-land bygewoon het.”

Hierdie hoë lof vir die Namibiese Fietsryfederasie (NCF), sy president mnr. Axel Theissen, die hoofborg Nedbank en vele ander bydraende borge en rolspelers is Saterdag deur die wêreldbeheerliggaam die UCI se verteenwoordiger Jean-Pierre van Zyl uitgespreek.

Om vir Namibië die kersie op die koek te plaas ná afloop van die Afrika-bergfietskampioenskap by Farm Windhoek in Kleine Kuppe, het sy jong yster Alex Miller die goue medalje in die elite mans se resies oor sowat 35 kilometer, met 900 meter se vertikale klimme, ingepalm.

Nadat Miller in 2019 (ook in Windhoek) die Afrika-brons ná die gedugte Alan Hatherly van Suid-Afrika ingepalm het, het hy Saterdag die resies van begin tot einde oorheers.

Miller (21) volg sodoende in die voetspore van Marc Bassingthwaighte (2009 by Mankele in Suid-Afrika) en Michelle Vorster (2017 in Mauritius) as die enigste Namibiese bergfietsryers wat die elite Afrika-titels kon wen.

Bassingthwaighte en Vorster was sedert die eerste weergawe van die kontinentale skouspel in 2009 die enigste ryers wat Suid-Afrika van die toppunt van die elite podiums kon weerhou.

Philip Buys van Suid-Afrika – ’n viermalige wenner in 2012, 2013, 2014 en 2016 voordat Hatherly (die naweek afwesig) die volgende drie jare gewen het – was Saterdag tweede.

Miller sê: “Ek kyk steeds op na Alan, wat tans sesde of sewende op die wêreldranglys is, en ek streef om die gaping te verklein en eendag dieselfde internasionale hoogtes as hy te bereik.”

• Meer oor die byeenkoms se verloop en Miller se kommentaar binne in Sport Wrap.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!